Bondsraad 2022 - Spesiale toekennings
Op 15 en 16 September 2022 het die Afrikanerbond sy Bondsraad by die Voortrekkermonument met die tema: Afrikaners – Brugbouers na die toekoms.
As deel van ons Bondsraad gee die Afrikanerbond ook graag erkenning aan enkele individue en instansies wat na ons mening uitsonderlik presteer het en doen ons dit by wyse van die oorhandiging van ʼn oorkonde. Die Nasionale Raad het deeglik besin oor erkennings en is besluit om tydens ons Bondsraad erkenning te verleen aan persone en instansies in die burgerlike samelewing wat uitsonderlik presteer het.
Phillip Nel (Postuum) - ’n Oorkonde van waardering aan Phillip Nel (Postuum) vir die buitengewone bydrae tot die Afrikanerbond en die gemeenskap wat hy met onderskeiding gedien het.
Pieter van der Westhuizen - ʼn oorkonde van waardering aan Pieter van der Westhuizen vir sy onbaatsugtige diens in die bevordering van Afrikaanse koormusiek en kultuur en die bevordering van kerkmusiek
Prof. Christo Viljoen ’n oorkonde van waardering aan Prof Christo Viljoen vir die reuse bydrae op akademiese en kulturele gebied in die bevordering van Afrikaanse onderwys en opleiding in ingenieurswese en die besondere bydrae tot die uitsaaiwese.
Sampie Pienaar ʼn oorkonde van waardering aan Sampie Pienaar vir die buitengewone bydrae tot die leiding van die strategiese bestuur van die Christiaan de Wet Fonds.
Willem Rossouw ʼn oorkonde van waardering aan Willem Rossouw vir die buitengewone bydrae tot die finansiële bestuur van die Afrikanerbond en die Christiaan de Wet Fonds.
Die Solidariteitsbeweging - ’n Oorkonde van erkenning aan die Solidariteitsbeweging vir die buitengewone bydrae tot hoër onderwys, onderrig en opleiding in Afrikaans met die oprigting en vestiging van Akademia en Sol-Tech.
Dankie vir u reaksie
Daar was 'n fout met die instuur van u boodskap
Adres