Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com

Maandelikse Nuusbrief van die Afrikanerbond

           November 2022

Biddag vir gesinne


Liewe vriend/-in

 

Die Biddag vir Gesinne is een van Die Dameskring se nasionale projekte en vind volgende jaar op 14 Mei 2023 plaas. Ons wil baie graag hê dat gemeentes en kultuurorganisasies en selfs besighede saam met ons deel word hiervan. Kontak asb die predikant(e) of kerkraadvoorsitter(s) in jou omgewing en oorhandig die inligtingstuk (Volg skakel – sien PDF lêer aangeheg) aan hulle. Vra hulle om hande-te-vat met die reël van ’n spesiale biddag vir gesinne in jou gemeente. Of neem inisiatief in jou organisasie of besigheid om gebedstyd vir gesinne te reël. Dit kan saamval met ’n heerlike gesinspiekniek of spesiale gesinsdiens.

 

Dit is belangrik om NOU REEDS hierdie skakeling met gemeentes en organisasies of besighede te hê, sodat dit in ag geneem kan word by die beplanning van die 2023-program. 

 

Die Biddag-inisiatief word sedert 2019 al hoe meer ondersteun en ons sal graag wou sien dat dit landswyd op elke gemeente en kultuurorganisasie se kalender geplaas word. Hoe wonderlik sal dit nie wees as elke gesin in ons land volgende jaar saam ons almagtige Koning aanroep nie! 

 

Hartsgroetnis

 

Elphi Taljaard

President Dameskring 

Lewer gerus kommentaar op die artikel

Deel met ander belangstellendes

Volg die Afrikanerbond op Facebook

Share by: