Psalm 23 - Vergelyk die drie vertalings
Vers
1933/53 Vertaling
1983 Vertaling
2020 Vertaling
1
’n PSALM van Dawid. Die Here is my herder;
niks sal my ontbreek nie.
'n Psalm van Dawid.
Die Here is my herder, ek kom niks kort nie.
'n Psalm. Van Dawid.
Die Here is my herder;
ek ly nie gebrek nie.
2
Hy laat my neerlê in groen weivelde;
na waters waar rus is, lei Hy my heen.
Hy laat my rus in groen weivelde.
Hy bring my by waters waar daar vrede is.
In groen weivelde laat Hy my rus;
na water waar daar rusplek is, lei Hy my.
3
Hy verkwik my siel;
Hy lei my in die spore van geregtigheid,
om sy Naam ontwil.
Hy gee my nuwe krag.
Hy lei my op die regte paaie
tot die eer van sy Naam.
Hy gee my nuwe lewenskrag;
Hy lei my op die regte paaie
ter wille van sy Naam.
4
Al gaan ek ook in ’n dal van doodskaduwee,
ek sal geen onheil vrees nie;
want U is met my:
u stok en u staf dié vertroos my.
Selfs al gaan ek deur donker dieptes,
sal ek nie bang wees nie,
want U is by my.
In u hande is ek veilig.
Selfs as ek in die donkerste kloof ingaan,
is ek nie bang vir gevaar nie,
want U is by my.
Dit is u staf en u stok wat my gerusstel.
5
U berei die tafel voor my aangesig
teenoor my teëstanders;
U maak my hoof vet met olie;
my beker loop oor.
U laat my by 'n feesmaal aansit,
terwyl my teëstanders moet toekyk.
U ontvang my soos 'n eregas,
ek word oorlaai met hartlikheid.
U dek vir my 'n tafel
voor die oë van my teenstanders.
U verfris my kop met olie;
my beker loop oor.
6
Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe;
en ek sal in die huis van die Here bly
in lengte van dae.
U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly
en ek sal tuis wees in die huis van die Here
tot in lengte van dae.
Net goedheid en troue liefde sal my volg
al die dae van my lewe,
en ek sal terugkeer na die huis van die Here,
tot in lengte van dae.
Adres