Inligting oor die volgende webinaar:
By die pasafgelope 10de verjaarsdagviering van die EFF by die FNB Stadion op Saterdag 29 Julie 2023 is die “Kill the Boer” slagspreuk herhaaldelik deur Julius Malema gebruik om die meer as 100 000 lede op die pawiljoene aan te hits.
Afrika en veral Zimbabwe het nie ʼn goeie baanrekord wat sy minderhede aanbetref nie. Suid-Afrika het abnormale en onaanvaarbare hoë vlakke van plaasaanvalle en plaasmoorde. Telkens is die oproep dat grond beset moet word of dat grond onteien moet word sonder vergoeding. Die draaiboek het hom al op ons buurland Zimbabwe afgespeel. ʼn Kundige in die verband. Dr. Theo de Jager het ingewillig om die AB se volgende webinaar toe te lig oor die bedreigings vir landbou, ons boere en wat ons te doen staan.
“Dit is nou 23 jaar nadat Mugabe se Zanu PF begin het om wit boere op ʼn gewelddadige wyse van hulle plase af te jaag, en amper drie jaar nadat die Global Compensation Deed met landbou-organisasies geteken is. Daarvolgens het Zanu PF erken dat hy vergoeding aan die boere verskuldig is en hom tot ‘n afbetalingsreëling verbind, maar nog niks het gerealiseer nie.” (Theo de Jager – Maroela Media op 7 Maart 2023)
Tydens ‘n konferensie van die FW De Klerk Stigting in Bryanston op 14 Julie 2023 het Dr Theo De Jager oor die bedreigings vir eienaarskap en veral privaat eiendomsreg gepraat. “Vanuit 'n boer se perspektief bied eienaarskap en ‘n titelakte vir grond veilig eienaarskap. Dit is veel meer as net 'n kontrak wat wys dat jy eiendom besit - dit is die grondslag van 'n vrye mark, dit is die hoeksteen van kapitaal. Dit is die rede hoekom ons toegang tot produksielenings het, dit dien as sekuriteit. Ons het gekyk na al hierdie lande noord van ons - 50 van hulle op die Afrika-kontinent - wat nie vry en privaatbesit van landbougrond het nie, en wat die oorsaak is waarom ons nie die rykdom van landbou op hierdie vasteland kan ontsluit nie. En ons het al hierdie riglyne op Suid-Afrika van toepassing gemaak en gevra wat moet ons anders hier doen? Hoe moet ons seker maak dat die bedreigings vir eiendomsreg nie ook ’n bedreiging vir voedselsekerheid word nie?”
Dr Theo de Jager gesels oor dié en vele ander kwessies in die volgende AB in dialoog webinaar.
Kom luister en gesels met dr Theo de Jager op Donderdag 31 Augustus 2023 om 17:30. U is welkom om vooraf vrae stuur na kommentaar@abond.co.za
Webinaar besonderhede: (Registrasie is noodsaaklik)
Datum: Donderdag 31 Augustus 2023
Tyd: 17:30 – 18:45
Spreker: Dr Theo de Jager
Tema: Eiendomsreg en Onteiening sonder vergoeding: Die Zimbabwe voorbeeld en lesse vir Suid-Afrika
Registrasie: Registreer asseblief voor 14:00 op 31 Augustus 2023 (Druk op skakel)
https://us02web.zoom.us/webinar/register/WN_YgCzexM5Sa6w75C2gQ_NnA
Enige vrae kan vooraf gestuur word aan kommentaar@abond.co.za
Lede word genooi om gaste en belangstellendes in te lig en te nooi na die webinaar – Die skakel vir die gaste se registrasie is dieselfde. Let wel alle deelnemers se registrasie en teenwoordigheid bly vertroulik.
Alle deelnemers wat geregistreer het sal ʼn bevestigende e-pos ontvang met die skakel waarop u dan inskakel by die Webinaar. Indien u binne 12 ure na registrasie nie ʼn skakel ontvang het nie kyk in u Junkmail vouer of stuur ʼn e-pos na kommentaar@abond.co.za Na registrasie sal u meer inligting ontvang.
Meer oor die Spreker: Dr Theo de Jager
Dr Theo de Jager is die Voorsitter van SAAI en voormalige president van die Wêreld Landbou Organisasie. Dr. De Jager is ’n voormalige president van Agri Limpopo, Pan African Farmers Organisation (Pafo), Southern African Confederation of Agricultural Unions (Sacau) en voormalige visepresident van Agri SA. Hy dien ook tans as voorsitter van Agri All Africa, die organisasie wat Suid-Afrikaanse en Zimbabwiese boere se belange in Afrika beskerm en bevorder. Dr De Jager het 'n BA in Politieke Wetenskap van die Universiteit van Stellenbosch, 'n BA Hons in Filosofie (Cum Laude) van die Universiteit van Pretoria, en 'n PhD in Filosofie (Cum Laude) van die Universiteit van Pretoria. Hy is 'n boer en sake-eienaar in die Tzaneen-distrik en het 'n aantal poësie bundels gepubliseer.
Ons sien uit daarna om u by die webinaar op Donderdag 31 Augustus 2023 te ontvang.
Baie dankie dat u kommentaar gelewer het
Jameer daar was 'n fout met die boodskap. Probeer later weer
Adres