Energieberaad - 1 April 2023, Wes-Kaap Verslag
Verslag deur Andries Domburg en Nico Stofberg
(Wes-Kaap lede van die Nasionale Raad)
Op Saterdag 1 April 2023 het die AB in die Wes-Kaap ’n suksesvolle energieberaad beraad in Paarl. Die beraad is gehou midde in die energiekrisis wat Suid-Afrika in die gesig staar. Die doel van die beraad was om vast te stel wat die Afrikanerbond kan doen as bydrae om ’n alternatiewe betroubare energiebron in die Weskaap te vestig.
Die beraad word deur Dr Kelvin Kemm, kernfisikus en voorsitter van Stratek Global, ingelei, waarna sy kollega, Francois Mellet, bedryfsdirekteur van Stratek Global die onderwerp verder toegelig het.
Dr Kemm het die aandag gevestig op die volhoubare en betroubare energie wat aan die behoeftes van ’n ontwikkelende land moet voldoen. Verskillende vorms van energie en die primêre energiebronne, is uitgelig nl. Steenkool, gas en olie - fossiel brandstowwe, Son, Wind, Biomassa, Hidro, Geotermies en Uranium.
Suid-Afrikaners is volgens dr Kemm tans wêreldleiers in die opwekking van kernkrag en het die vermoë om toenemend ’n leidende rol in hierdie veld te speel. Die selfvertroue om dit ten toon te stel moet egter ontwikkel word. Amerikaners, Franse en Chinese en ander lande wil graag Suid Afrika se kundigheid bekom.
Daar bestaan tans ’n wêreldwye behoefte aan ’n konstante toevoer van betroubare (voorspelbare) en bekostigbare energie. Dit is ook ’n Suid-Afrikaanse en Wes-Kaap behoefte.
’n Paar belangrike waarnemings ten opsigte van sommige energiebronne word uitgelig waarvan daar deeglik kennis geneem moet word.
Die oorgang na 'n meer inklusiewe, volhoubare, bekostigbare en veilige globale energiestelsel is noodsaaklik. Dit moet gedoen word terwyl energiesekuriteit en toegang, groen omgewingsvolhoubaarheid en ekonomiese ontwikkeling gebalanseer word. Die wêrelddoelwit van die energie-oorgang na 'n netto-nul-koolstofvrystelling-toekoms sal vir jare voortduur.
Daar is globale uitdagings waarvan kennis geneem moet word:
Daar is bepaalde voordele in kernkrag en die ontwikkelinge in tegnologie tot dusver:
Die tyd is ryp om die kwessie verder te ontwikkel:
Kernkrag Gereedheid:
Vir 'n land om die pad van Kernkrag Gereedheid aan te pak, moet hy:
'n Aantal lande in Afrika, en elders in die wêreld, het 'n dekade of meer gelede hierdie pad begin stap, so regoor die wêreld is die toestand van kerngereedheid oor die algemeen reeds beduidend.
Daar is openhartig gesprek gevoer tussen al die deelnemers en is dit duidelik dat ’n balans tussen die tradisionele fossiel brandstowwe en die nuwer skoon energie bronne gevind moet word. Groot meningsverskille bestaan oor welke energiebron die mees gewenste aanwending het. Een ding is seker Kernkrag gaan ‘n beduidende rol in die energiemengsel en -aanbod van Suid-Afrika speel.
Ter afsluiting van hierdie Energieberaad is die AB Wes-Kaap Provinsieraad ‘n mandaat te gee om die moontlikheid te ondersoek om ’n betroubare alternatiewe energiebron vir die Weskaap te vestig. Hierdie werk moet in samewerking met alle saakmakende alliansievennote aangepak word.
Ons dank aan almal wat meegehelp het tot ’n uiters sinvolle eerste Energieberaad.
Lees die volledige verslag en aanbiedinge aanlyn.
Dankie vir u reaksie
Daar was 'n fout met die instuur van u boodskap
Adres