Toekenning aan Avril Malan
Toekenning aan Avril Malan
In die Junie 2022 Nuusbrief het ons verslag gedoen oor die Gebiedsbyeenkoms van Gauteng-Noord wat op Saterdag 28 Mei 2022 te Innesdal plaasgevind het. Tydens die geleentheid is ʼn oorkonde aan Br Dries du Toit oorhandig en in sy afwesigheid aan Br Avril Malan vir Afrikaans en leierskap. Br Avril Malan se oorkonde is deur die voorsitter van die Nasionale Raad, Dries Wiese aan die afdelingsvoorsitter Br Johann van der Walt oorhandig. Op 23 Junie is die oorkonde aan Br Avril Malan tydens ‘n geleentheid by sy huis in Eldoraigne aan hom oorhandig. Gedagtes is gewissel oor die AB en wat nodig is om aan te pas.
Dankie vir u reaksie
Daar was 'n fout met die instuur van u boodskap
Adres