AB en FAK leierskap ontmoeting
Die gesprek is gegrond op die basis van die lang geskiedenis tussen die organisasies wat van die oudste organisasies is in die Afrikaner huishouding. Tydens die gemoedelike en hartlike gesprek is die lang en diep verbondenheid aan die gemeenskaplike verlede herbevestig. Beide organisasies is geanker in Afrikanerskap sonder ontkenning van ons verlede.
Verskeie gemeenskaplike kwessies is bespreek. Die FAK het die gemeenskaplikhede tussen die organisasies bevestig en is dit die basis van ons verhouding en dit vorm ook die basis en interaksie met ander organisasies God-drie-enig, gesin, gemeenskap as basis van Afrikaner kultuur, geskiedenis en ons gedeelde verlede, en Afrikaans. Hierby vind die Afrikanerbond sterk aanklank. Ons besef dat elkeen in die Afrikaner kultuurhuishouding ʼn besondere taak het en is die AB se rol dié van aktuele en strategiese leiding. As mede-leiers in die Afrikaners se kultuurhuishouding het ons mekaar meer as ooit nodig.
Uiteraard is kommer ook met mekaar gedeel oor kwessies wat Afrikaners direk raak in die politiek staatkundige omgewing, gesin en familie waardes en ons erfenisse en hoe dit beskerm kan word.
Dankie vir u reaksie
Daar was 'n fout met die instuur van u boodskap
Adres