Ons Erfenis - die NG Kerk
' ’n fotoversameling van die argitektoniese skatte van 139 NG kerke in SA
Deur Helmut Wolff en Philippe Menache
Ons as medeskrywers versamel al vir etlike jare lank foto’s en besonderhede van die treffende en merkwaardige Nederduitse Gereformeerde Kerke landswyd. Die foto’s en besonderhede is nou saamgevat in ‘n prag koffietafel publikasie
Ons oortuiging is dat daar soortgelyke lesers is wat die omvang van hierdie ‘bloed en sweet’ uitgawe sal geniet. Ons het 139 kerke in hierdie bundel saamgevat, sommige in minder en ander in meer detail.
Met die inligting en foto’s tot ons beskikking, het ons in baie gevalle ’n formaat gevolg. Eerstens is daar ’n beskrywing van die dorp en sy ligging asook van die kerk in die dorp. Daarná die ouderdom en die argitek van die kerk. Ons volg ons doelwit deur ’n argitektoniese beskrywing aan te bring, met ’n uiteensetting van die kerk se samestelling binne. Laastens bied ons ’n samevatting van die kerk se uiterlike omgewing.
Ons lewe in die hoop dat elke kerk-liefhebber hierdie boek as ’n koffietafel pronkstuk sal benut. Ons is ook daarvan oortuig dat volgelinge en studente van argitektuur die inhoud sal waardeer. Dit is met spyt dat ons moet melding maak van die verwaarlosing van sommige kerke wat ons tydens ons besoeke teëgekom het. Armoede en ontvolking van die platteland het sy merk gelaat.
Ons is bevoorreg dat die inspirerende VOORWOORD deur Dr DeWyk Ungerer, aktuaris van die Algemene Sinode, ingesluit word.
Uit die voorwoord
Die versamelaars van hierdie bundel se doelwit is om die skeppers van die uitmuntende argitektoniese skatte van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika te bedank en om erkenning aan hulle te verleen
Hierdie boek wil graag ‘n blik gee op veral die Nederduitse Gereformeerde Kerk se mooi en groot geboue wat bekende bakens is deur die landskap van Suid-Afrika. Die publikasie laat reg geskied aan die argitektoniese ontwerp wat dikwels as godsdienstige en kulturele simbole gesien word en kan tereg besondere kunswerke genoem word. Volgens oorlewing het die Romeinse argitek en siviele ingenieur, Vitruvius (81 – 15v.C.) die boukuns gedefineer as die “moeder van alle kunste”. Hy verwys na die drie grondbeginsels van argitektuur, naamlik
Hierdie publikasie sluit aan by hierdie beginsels wanneer dit poog om in beeld te verwoord juis dit waarvoor die Nederduitse Gereformeerde Kerk staan:
U word vriendelik genooi om ons webwerf www.NGKerfenis.co.za te besoek. Hier sal u meer inligting oor die boek sowel as bestellingsbesonderhede vind.
Adres