Geloftefeeskalender - 2022
Die Geloftefeeskalender vir vanjaar is pas deur DitsemBlits gefinaliseer en beskikbaar gestel soos by hierdie skakel (Volg die skakel om aanlyn te lees)
Sedert in 2012 begin is om 'n Geloftefeeskalender saam te stel van Geloftefeeste en -dienste wat op 16 Desember landswyd en selfs in die buiteland gehou word, is vir vanjaar 'n rekordgetal van 187 feeste en dienste gelys.
Soos blyk uit die Geloftefeeskalender, word die Gelofte vanjaar op talle plekke landswyd en in die buiteland herdenk – vanaf Die Strand in Kaapstad tot Zeerust in die Bosveld, vanaf Olifantshoek tot Margate, vanaf Christchurch in Nieu-Zeeland tot Stampriet in Namibië en vanaf North Carolina in die VSA tot Kouga in die Oos-Kaap. Indien u weet van 'n Geloftefees of –diens wat nie op die Geloftefeeskalender verskyn nie, laat ons weet by
gelofte@ditsem.net of 082 773 2150.
Volg die skakel: - Om Geloftefeeskalender 2022 aanlyn te lees
Om Geloftefeeskalender 2022 af te laai (5MB)
Die Gelofte - ʼn Besprekingsdokument
Die Afrikanerbond het in 2020 deur sy bydrae van R100 000 die paneel by die Voortrekkermonument “gekoop” waarop die aflegging van die Gelofte uitgebeeld word. Hiermee het die Afrikanerbond ook opnuut sy verbintenis tot die Gelofte herbevestig. Vir meer agtergrond oor die Gelofte, die geskiedenis wat gelei het tot die Gelofte en ook die verbintenis tot die Gelofte lees gerus die besprekingsdokument wat deur die navorsingsafdeling van die Voortrekkermonument en Erfenisstigting saamgestel is.
https://www.afrikanerbond.co.za/besprekingsdokumente---gelofte
Dankie vir u reaksie
Daar was 'n fout met die instuur van u boodskap
Adres