Geloftefees 2023
Na 16 Desember 1994 berig Beeld die laaste Geloftedag bring hartseer. Slegs 'n handjievol mense het by die Voortrekkermonument opgedaag, terwyl die meerderheid Afrikaners eerder hulle motors gewas, langs die swembad ontspan of vleis gebraai het. Geloftedag sal altyd in mense harte voortleef, word berig.
Afrikaners het die doemprofete met 'n wilsbesluit verkeerd bewys.
Net 'n paar feite oor 16 Desember 2022:
Is dit moontlik dat 185 000 Afrikaners ter herdenking van Groot Trek 185 vanjaar regoor Suid-Afrika, Namibië en in die buiteland Geloftedag kan vier? Verseker!
Vanjaar se Geloftedag speel af teen die agtergrond van 'n stukkende land wat tot in die afgrond bestuur word, politieke onstuimigheid en ekonomiese swaarkry. Op Geloftedag kyk Afrikaners op na die Here met 'n belydenis van afhanklikheid. Dit is 'n dag waar die eer van Sy naam sentraal staan.
As jy deel van die 185 000 Afrikaners is wat Geloftedag iewers gaan bywoon, registreer by die SKAKEL. Dui aan hoeveel van jou gesin en waar jy Geloftedag gaan bywoon. (Volg die Voortrekkermonument se skakel
https://vtm.org.za/vtm-185-veldtog/
Op die manier wys Afrikaners Geloftedag leef nie net in ons harte nie, maar in ons dade.
Hier staan ons. Steeds.
Program by die Voortrekkermonument
Die Gelofte van 16 Desember 1838 is van die aand van Sondag 9 Desember (by Danskraal) elke aand afgelê en het op die groot dank en lof van die aand van 16 Desember uitgeloop.
Die groot Geloftediens word natuurlik op 16 Desember om 09:00 by die Amfiteater van die Voortrekkermonument gehou, maar op Vrydag 8 Desember begin die Gelofteweek Fees by die Monument.
Verskeie kunstenaars tree deur die week op. Verhoogproduksies word deurentyd aangebied. Spesiale uitstallings en ons Museumteater bied ‘n visuele ervaring. Kersprogramme en Geloftefeesaanbiedings sorg vir ‘n hoogtepunt van u feesgety van Desember. En dit alles binne loopafstand op een plek, ons plek, die Voortrekkermonument.
Kliek op die aangehegte skakel en kom deel in wat besig is om een van ons groot kultuurfeeste te word. https://vtm.org.za/gelofteweek-2023/
Geloftefeeste regoor Suid-Afrika
Die Geloftefeeste en -dienste met die program en kontakbesonderhede word vanjaar vir die eerste keer op ‘n interaktiewe kaart aangetoon – beskikbaar by hierdie skakel - https://ditsem.net/Geloftefees/
Die Geloftefees se Kalender kan ook afgelaai word by hierdie skakel - https://drive.google.com/.../1zpj2yl5tZAnEhPu3WVu.../view....
Dankie vir u reaksie
Daar was 'n fout met die instuur van u boodskap
Adres