Geloftefeeskalender - 2021
DitsemBlits as daaglikse elektroniese nuusbrief gebaseer te Orania en wat nog elke jaar sedert 2012 'n Geloftefeeskalender saamgestel het van Geloftefeeste en –dienste wat op 16 Desember landswyd en selfs in die buiteland gehou word, het pas die Geloftefeeskalender vir 2021 digitaal gepubliseer – toeganklik by hierdie skakel. Die aantal Geloftefeeste en –dienste het jaarliks geleidelik gestyg tot waar dit vir vanjaar – die 10de agtereenvolgende jaar van die Kalender – die rekordgetal van 182 bereik het. Volg ook die volgende skakel:
http://www.ditsem.net/Geloftefeeskalender2021.pdf
As sodanig weerspieël die Kalender die toegewydheid waarmee die Afrikaner van vandag die Gelofte steeds nakom wat hul voorsate in 1838 voor die wonderbare Slag van Bloedrivier aan God-Drieënig gemaak het. Daarmee bely hulle dat slegs deur die genadige wil van God die Afrikaner van vandag uit sy eietydse krisis gered kan word. Indien u weet van 'n Geloftefees of –diens wat nie op die Geloftefeeskalender verskyn nie, laat ons weet by gelofte@ditsem.net of 082 773 2150.
Die Gelofte - ʼn Besprekingsdokument
Die Afrikanerbond het in 2020 deur sy bydrae van R100 000 die paneel by die Voortrekkermonument “gekoop” waarop die aflegging van die Gelofte uitgebeeld word. Hiermee bevestig die Afrikanerbond ook opnuut sy verbintenis tot die Gelofte.
Vir meer agtergrond oor die Gelofte, die geskiedenis wat gelei het tot die Gelofte en ook die verbintenis tot die Gelofte lees gerus die besprekingsdokument wat deur die navorsingsafdeling van die Voortrekkermonument en Erfenisstigting saamgestel is. Volg die skakel:
https://www.afrikanerbond.co.za/besprekingsdokumente---gelofte
Adres