GEMS hou verkiesing
Gems (Government Employees Medical Scheme) het tans ‘n verkiesing van 3 Trustees op hul raad. Daar was 79 lede genomineer.
Graag wil ons die volgende 3 lede nomineer.
1. Eelco Boudewijn de vries (Oud Gems trustee)
2. Louisa Lemmer (Skoolhoof)
3. Dr. Henk Punt (Oud-Kring bestuurder)
Boudewijn is betrokke by ʼn Afdeling in Strand en was ook ‘n UR Lid. Hy het in die verlede reeds baie lede van Gems gehelp met hul probleme.
Ons sal graag wil sien dat die 3 lede verkies word. Die verkiesing strek van 23 Maart tot 24 Mei. Dit sal waardeer word as elkeen sal probeer om Gems lede by skole, aftree-oorde en ander staatsamptenare te nader om vir die genomineerde lede te stem.
Dit is belangrik dat kundige persone verkies word en wil ons glo dat die drie persone oor die nodige ervaring en betrokkenheid beskik.
Byvoorbaat dankie vir die ondersteuning.
Vriendelike groete,
Willem Rossouw
Lid van die Nasionale Raad: Wes-Kaap
Adres