Die AB se KKNK ontbyt - 31 Maart 2022
Die KKNK Ontbyt gaan weer tydens die KKNK OP Oudtshoorn plaasvind op 31 Maart 2022 om 07:30 te Kleinplasie/Kleinplaas Resort, Oudtshoorn.
Die koste vir die ontbyt is R100 per persoon en is betaalbaar by aankoms.
Die spreker is die welbekende ekonoom, Ulrich Joubert, en hy sal praat oor “Waarheen is die Suid Afrikaanse ekonomie oppad?” Almal is baie welkom.
Om doeltreffende reёlings te verseker, moet bywoning van die ontbyt bevestig word nie later as 25 Maart 2022 nie. Skakel Bart Vosloo 084 442 1008 of Deon Joubert 083 458 0706.
Vriendelike groete.
Deon Joubert
Dankie vir u reaksie
Daar was 'n fout met die instuur van u boodskap
Adres