Koalisiepolitiek in Suid-Afrika – die kuns van die (on)moontlike? - Deur Prof André Duvenhage
Die Suid-Afrikaanse politieke omgewing verander teen ʼn snelle tempo met verreikende implikasies vir die politieke spektrum (veelpartystelsel) en die onderskeie steunbasisse van politieke partye. As uitkoms van die “politieke kantelpunt” wat Suid-Afrika na veral 2019 bereik het, was ʼn herskikking van die politieke spektrum (die stelsel van politieke partye en hul plasing op grond van die status quo) aan die orde, met aanduidings dat meer verandering kan volg. Hierdie aspek word beklemtoon deur veranderende stempatrone (veral verhoogde politieke apatie); soms laer steunvlakke vir gevestigde politieke partye; hoër steun vir sommige kleiner (lees nis-) partye; en nuwe politieke rolspelers wat toetree. Kortliks, Suid-Afrika verander op talle terreine en politieke partye moet aanpas (soms ter wille van oorlewing) in ʼn politieke omgewing wat groot uitdagings stel
September 2022