Wat is die ideale koalisie na 29 Mei 2024?
Deur Jan Bosman
Hoofsekretaris van die Afrikanerbond
Met minder as ʼn maand oor voor die algemene verkiesing wat op 29 Mei 2024 gaan plaasvind is daar wisselende menings oor die uitkoms.
Die Social Research Foundation se laaste peiling in April 2024 voor die skrywe van die artikel het partysteun soos volg bepaal.
Party 65% Kiesersopkoms 60% Kiesersopkoms
ANC 37% 38%
Demokratiese Alliansie 25% 25%
MK Party 13% 14%
EFF 11% 11%
IVP 5% 5%
VF+ 2% 2%
ACDP 2% 2%
Action SA 2% 2%
Ander 3% 1%
Die ander gesaghebbende marknavorser, Ipsos, het in Februarie 2024 ʼn peiling gedoen maar was MK nie deel van die opname nie. Ipsos se laaste peiling in April 2024, voor die skrywe van die artikel, het partysteun soos volg bepaal.
Party 6 Februarie 2024 27 April 2024
ANC 40,5% 40,2%
Demokratiese Alliansie 20,5% 21,9%
MK Party - 8,4%
EFF 19,6% 11,5%
IVP 4,9% 4,4%
VF+ 2,1% 1,8%
Action SA 4,3% 3,4%
Ander 8,1% 8,4%
Uit die peilings blyk dit dat die ANC se steun ʼn maand voor die verkiesing rondom 40% of minder gestaan het. Sommige analiste is van mening dat die ANC se mobilisering van kiesers, veral in die landelike gebiede op stemdag, wel in die ANC se guns kan tel.
Op die stadium moet daar egter na die aard van en moontlikhede rondom koalisies gekyk word.
ʼn ANC / EFF en MK Koalisie
Allerweë word aanvaar dat die een opsie van Koalisie na 29 Mei 2024 gevorm kan word tussen die Radikale Ekonomiese Transformasie groepering, Charteriste en Swartbewussynsgroeperinge. Dit is die ANC, die EFF en MK en ander klein groeperinge wat saam meer as 61% steun kan kry. Analiste verwys hierna as die oordeelsdag koalisie. Die analis dr Frans Cronje, wat betrokke is by die Social Research Foundation en ander kommentators is van mening dat die verdeeldheid te groot is tussen die leiers en daar gevolglik ʼn relatief klein kans is vir so ʼn koalisie. So ʼn koalisie sal egter enorme ekonomiese implikasies vir die land hê in die volgende vyf jaar. Dit sal beide die ANC en die EFF se politieke oorlewing na 2029 in gedrang bring. Volgens dr Cronje sal dit die ANC verskraal na ʼn landelike of streeksparty.
ʼn ANC en DA Koalisie – Die dood in die pot
Dit sal vir die DA rampspoedig wees om alleen in so ʼn koalisie in te gaan. Alhoewel sommige verwys na die ou Regering van Nasionale Eenheid en die verband met die Nasionale Party is dit nie heeltemal geldig nie. Hulle was lede van die RNE bloot as deel van die versoeningsprojek. Die Nasionale Party (NP) het in Mei 1996 ontrek aan die RNE. In ʼn latere samewerkingsooreenkoms in Desember 2001 tussen die NP en die ANC het dit die dood in die pot en onwaardige einde vir die NP beteken. Vir die ou Nasionale Party was die roete een van absolute en volkome selfvernietiging. Die ANC het die NP nie nodig gehad nie en het die NP op die ou einde in Augustus 2005 in die ANC ingegaan met geen behoud van eie karakter of nis nie. Die dood in die pot vir die NP was die ooreenkoms met ʼn ANC (wat nie die NP nodig gehad het nie en dit opportunisties gedoen het) tot voordeel van enkelinge van die NP en nie in belang van die party of die land nie
Oor ʼn koalisie slegs tussen die ANC en die DA waak dr Cronje soos volg daarteen. 'Gevaarlik'
'Dit is gevaarlik vir die opposisie as hulle nie gepas daarop reageer nie. Die risiko vir die opposisie is dat die ANC nie ferm na hervorming beweeg nie, maar die opposisie besoedel, wat vyf jaar van voortdurende regeringsmislukkings kan wees.”
ʼn Regering van Nasionale Eenheid
Dr Frans Cronje het in ʼn onderhoud met Citiwire op 10 April 2024 die mening gehuldig dat Suid-Afrika na die nasionale verkiesing van 2024 onvermydelik met 'n sentristiese, gematigde, pragmatiese koalisie kan eindig wat met fiskale omsigtigheid voortgaan. Hy het in die onderhoud gesê: “'Dit is 'n sterk voordeel vir die land, gegewe die alternatiewe. As die ANC op 40% is, dink ek wat hulle waarskynlik sal doen, is ’n oproep vir ’n regering van nasionale eenheid,” het hy gesê.
Die gedagte van ʼn 'n “sentristiese, gematigde, pragmatiese koalisie” as die ideaal sou as vertrekpunt slegs vanuit die Veelpartyhandves se geledere kom maar die huidige peilings gee nie aan die Veelpartyhandves ʼn voldoende meerderheid nie. Dit sou noodwendig dan impliseer dat die Veelpartyhandves en die ANC saam so ʼn Regering van Nasionale eenheid kon vorm.
Indien daar na 29 Mei 2024 die moontlikheid bestaan van ʼn Regering van Nasionale Eenheid tussen ʼn veel kleiner ANC en lede van die Veelpartyhandves (Insluitend die DA, VF+, IVP, en ActionSA) kan dit met baie besliste voorwaardes moontlik wel ʼn koalisie vorm. Van die voorwaardes sou kon insluit
i) Die 1994 Regering van Nasionale Eenheid
Suid-Afrika het in die oorgang na ʼn nuwe demokrasie ʼn Regering van Nasionale Eenheid gehad en is lede van die ANC, die NP en die IVP in die regering opgeneem.
ʼn Regering van Nasionale Eenheid het verskillende doelwitte en dit behels samewerking op ʼn mindere of meerdere mate van een of ander aard op uitvoerende vlak:
Waarom het die Regering van Nasionale eenheid 1994-1996 nie gewerk nie? Volgens rolspelers van daardie tyd kan ons vandag leer uit die duur lesse van daardie tyd. Die NP het vir ʼn verskeidenheid van redes uit die Regering van Nasionale Eenheid onttrek:
Uit bogenoemde kan lesse geleer word. Vandag se lede van die Parlement is in 2024 moontlik beter geposisioneer en toegerus met meer vaardighede en ervaring om in die opponerende situasies te kan funksioneer. Vandag is die verwagtinge ook by kiesers dat partye moet saamwerk. Dit is baie anders as verwagtinge in 1994.
ii) Die positiewe elemente verbonde aan ʼn Regering van Nasionale Eenheid?
iii) Hoe moet so ʼn Regering van Nasionale Eenheid vandag verpak word? (Praktiese voorstelle uit die 1994-1996 ervaring)
Wat kan positief wees van ʼn hedendaagse Regering van Nasionale Eenheid?
Kan ʼn koalisie met die ANC enigsins positief wees?
Al bogenoemde is die goed bedoelde uitkomste van ʼn Regering van Nasionale Eenheid – Dit sou geldig wees in ʼn ideale wêreld! Die belangrikste faktor wat nie buite rekening gelaat kan word nie is dat die ANC van 2024 eenvoudig te leierloos, korrup, onbevoeg en van binne verrot is deur faksiegevegte. Die ANC het lankal hul plek op die morele hoëgrond verloor. Samewerking binne ʼn RNE kan die onbedoelde uitkoms hê dat die Veelpartyhandves saamgesleur word in die pad van vernietiging van die ANC.
Iemand het eenkeer gesê dit maak nie saak hoe dik ʼn pannekoek is nie, dit het altyd twee kante. Aan die een kant die ideaal van ʼn 'n “sentristiese, gematigde, pragmatiese koalisie” tussen die ANC en die Veelpartyhandves – en aan die ander kant die diep moeras van selfvernietiging van die ANC. Beide kante verg egter sterk leierskap om die uitkoms te bestuur. Dit is ‘n geval van tussen die duiwel en die diep blou see.
Lees in die konteks gerus weer prof André Duvenhage se besprekingsdokument - Die aanloop (en waarskynlike afloop) van die 2024 Nasionale en Provinsiale verkiesing. - https://www.afrikanerbond.co.za/verkiesing-2024-a-duvenhage-ab-besprekingsdokument Wat duidelik is is dat dinge waarskynlik nie dieselfde gaan wees na 29 Mei 2024 nie. Prof Duvenhage skryf dan: “Om saam te vat, Suid-Afrika staan voor sy grootste veranderinge sedert 1994, met groot onsekerhede op die pad vorentoe. Die status quo is nie volhoubaar nie en die vraag is nie of daar verandering gaan wees nie, maar eerder watter vorm dit gaan aanneem; watter tydsraamwerk ter sprake is, en veral wat die regerende elite se reaksie op ʼn potensieel verswakkende situasie gaan wees. Dit maak die 2024-verkiesing die belangrikste verkiesing sedert die totstandkoming van ʼn nuwe grondwetlike bedeling, met groot risiko’s vir veral die regerende ANC en wat polities gesproke daaruit kan voortspruit.”
Dit bly inderdaad interessante en uitdagende tye in die aanloop tot die verkiesing. Die enigste boodskap nou is om te gaan stem op Woensdag 29 Mei 2024.
Dankie vir u reaksie
Daar was 'n fout met die instuur van u boodskap
Adres