Afrikaners en die gesprek met die Mbeki Stigting * 26-27 Februarie 2021
Die media het wyd gerapporteer oor die gesprek wat 26-27 Februarie 2021 in Kaapstad tussen verskeie Afrikaner organisasies en individue en die Thabo Mbeki Stigting plaasgevind het. Verskeie sake is tydens die belangwekkende gesprek hanteer waaronder moedertaalonderwys, ekonomiese samewerking en Å gemeenskaplike raamwerk vir ekonomiese groei en vooruitgang. Voorstelle vir Å ekonomiese omkeerstrategie is ter tafel gelê met Å sterk klem op landbou en landbouontwikkeling. Die regte van tradisionele en kultuurgemeenskappe is bespreek en voorstelle is gemaak oor die versterking en uitbouing van die regte. Die vervreemding en die groter wordende kloof tussen die regering en Afrikaners is ook bespreek. Die gesprekke het as uitkoms gelei tot die ondertekening van Å ooreenkoms wat sekere gemeenskaplikhede uitstippel en ook sekere praktiese voorstelle vir gemeenskaplike samewerking.
Dialoog en inisiatiewe tot samewerking bly vir die Afrikanerbond van besondere belang en word ons altyd gerig deur ons Credo wat koersvas en duidelik ons verbintenis demonstreer:
Tydens die gesprekke oor die twee dae is die Afrikanerbond verteenwoordig deur Pieter Vorster, Ondervoorsitter van die Nasionale Raad en Jan Bosman, Hoofsekretaris van die Afrikanerbond. Ander organisasies het ingesluit die Solidariteit beweging met Å aantal van die organisasies in die Solidariteitbeweging wat insluit AfriForum, Sakeliga en Saai. Ander organisasies sluit in die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns die Vryheidstigting en individue soos Proff Koos Malan en Pierre du Toit, Schalk Burger en andere.
Hierdie was 'n besonder verrykende inisiatief. Aan die einde van die gesprek het alle organisasies ondersteuning gegee met die ondertekening van die onderstaande ooreenkoms en het Pieter Vorster die ooreenkoms namens die Afrikanerbond onderteken.
Na die ondertekening het Pieter Vorster gesê: “Die beraad het positiewe elemente na vore gebring, wat verder ontgin moet word. Ons sal onder andere die gedagtes en voorstelle in lyn moet bring met byvoorbeeld die verskillende scenario’s wat deur die Instituut vir Rasseverhoudinge ontwikkel is en deur Dr Frans Cronje tydens ‘n Afrikanerbond in dialoog webinaar aan ons voorgehou is. Moontlik bring dit ons nader aan die "RISE"-scenario soos voorgehou.”
Pieter Vorster het verder bygevoeg dat “Ons in ons opvolggesprekke, ook onderling, moet bepaal of die beraad groter helderheid na vore gebring het oor verskeie kantelpunte. Ons bly steeds besorgd oor 'n aantal sake en die beraad is nie die aller oplossing nie. Ek het egter nie twyfel dat die idee van saamwerk oor verskeie kwessies die regte ding is nie. Dit is ook in lyn met die AB se goue formule van die balans tussen die eie en die Nasionale belang. Die Afrikaner Afrika beraad en ondertekende minuut of ooreenkoms het beslis bygedra tot positiewe klimaatskepping.”
Hy het bygevoeg dat “een van die kernvrae bly hoe die beginsel van wederkerigheid kan/moet toegepas word. Ons moet so gou as moontlik wegkom van die idee van "skuldvereffening". Die Afrikaner se bydrae moet positief gesien word en nie omdat ons iemand iets skuld nie.”
Tydens die beraad en onder die tema die vervreemding van Afrikaners het Jan Bosman, Hoofsekretaris van die Afrikanerbond soos volg opmerk: “ In 1994 het die meeste van ons die visie van die Nuwe Suid-Afrika gekoop en aanvaar. In 1996 het ons 'n nuwe grondwet gehad met waardes wat Suid-Afrika vir ons bepaal. Dit kon ons aanvaar en ons het almal daarna gesmag om Suid-Afrikaners te wees. Ek het dit in 'n persoonlike hoedanigheid gedoen en ek weet my organisasie die Afrikanerbond, het ook die nuwe bedeling ondersteun.”
Maar, het Bosman gesê: “ Vandag 27 jaar later is ons verward, ontnugter, en Suid-Afrikaners wat kwaad is. Afrikaners ervaar tans geteikende vervreemding. As ons Suid-Afrikaners wil wees, word daar vir ons gesê ons is gronddiewe, kolonialiste van 'n spesiale soort, rassiste. deel van wit monopoliekapitaal of selfs indringers soos wat die president onlangs na ons verwys het.”
Hy het Afrikaners beskryf “as Å gemeenskap wat trots is op wie ons is en ons dra gemaklik Å veelheid van identiteite deur self te sê
Bosman het in die gesprek bygevoeg dat “ons kan gesels en projekte aanbied oor onderwys, ekonomie, politieke deelname, maar het voorgestel; dat ons ooreenstemming moet vind in - Wat dit beteken om Suid-Afrikaans te wees? Wat is ons gemeenskaplike waardes, ideale en visie. Dit kan lei tot Å nuwe patriotisme wat ook respek betoon vir mekaar, vir diversiteit, kulture, tradisies, inheemse gebruike en vele meer.”
Ons dank en waardering aan mnr Chris Opperman en die organiseerders vir die voortreflike wyse waarop die proses vooraf bestuur is en die reëlings vir die beraad. Onder volg die ooreenkoms wat Pieter Vorster namens die Afrikanerbond geteken het. (foto onder)
__________________________________________________________________
Afrikaanse weergawe (Kontroleer teen die Engelse teks) .
GESAMENTLIKE VERKLARING
Uitkoms van die Afrikaner-Afrika-konferensie
Kaapstad
27 Februarie 2021
____________________________________________________________________
A. Agtergrond
1. Die Afrikaner-Afrika-inisiatief (AAI), geïnisieer deur mnr Chris Opperman, het die Beskermheer van die Thabo Mbeki-stigting genader en ’n begeerte uitgespreek –
- om die gevoel van vervreemding van Afrikaners in die politieke bestel van Suid-Afrika aan te spreek, en
- om tot die ekonomiese ontwikkeling van Suid-Afrika en Afrika by te dra deur hulle vaardighede, netwerk en hulpbronne te gebruik.
2. Die Beskermheer het hierdie opdrag aan die Stigting gedelegeer vir advies en bestuur, en die Stigting het dr Vincent Maphai aangestel om die verkennende samesprekings te lei, aanvanklik met geen verwagte eindresultate nie. Aan die ander kant het mnr Chris Opperman die Afrikaner-groepering gefasiliteer, en terselfdertyd ook as ’n geskikte Sameroeper vir die AAI opgetree.
3. Verkennende samesprekings tussen die Partye het gevolg. Sodanige betrokkenheid en samesprekings het verskeie vorms aangeneem, onder meer:
3.1 ’n besoek deur die TMS-afvaardiging aan Orania saam met Chris Opperman;
3.2 ’n breë oorlegplegende vergadering tussen die TMS-adviesraad en Å deursnit van die Afrikaner-organisasies;
3.3 verskeie bilaterale en inligtingsvergaderings tussen die partye, insluitende besoeke aan huis; en
3.4 die uitruil van menings (openhartig en robuus) op die WhatsApp-medium.
4. Die laaste formele seminaar, wat op 20 Februarie 2020 by Akademia gehou is, het besluit dat:
- ons ’n reëlingskomitee (Steer-Com) skep om ’n praktiese program vir die AAI te bepaal.
5. Die Reëlingskomitee vergader gereeld en ondersoek verskeie geleenthede wat deur die partye gebruik kan word om hulle kulturele en ekonomiese energieë te ontsluit tot voordeel van die land.
6. Die Reëlingskomitee het ’n vergrote byeenkoms (Plenêr) gereël, wat deur die Prinsipale aan albei kante bygewoon sal word, insluitende mnr en mev Mbeki. Voor hierdie byeenkoms het die Partye ooreengekom dat 'n bosberaad vir gedetailleerde beplanning en agendavasstelling gehou word, wat op 8 en 9 Februarie 2021 by die Kwa-Ndaba Game Lodge gehou is.
7. Die Partye het die probleme wat ons land in die algemeen en Afrikaners as ’n gemeenskap in die gesig staar, in besonder bespreek. Hulle het ook beginselgebaseerde standpunte op hierdie probleme oorweeg en ’n praktiese program saamgestel om die uitkomste van hulle samesprekings te implementeer.
B. Kwa-Ndaba – Memorandum
8. Om die talle probleme wat ons land in die algemeen en die Afrikaner-gemeenskap in die besonder raak, aan te spreek, erken ons die behoefte om die grondbeginsels van konstitusionalisme soos vergestalt in die Grondwet, asook in die internasionale beste praktyke, aan te wend om die uitdagings die hoof te bied.
9. In sy kommentaar op die eerste vyf jaar van ons grondwetlike demokrasie het die Beskermheer van die TMS, President Mbeki, gesê (ons beklemtoning):
Suid-Afrika benut die omstandighede van vrede en waardigheid. Ons het begin om ’n verenigde nasie te bou deur hande te vat ongeag ras, kleur of geslag. Elk van ons gemeenskappe is uiteindelik vry om sy taal- en kulturele identiteit uit te leef en om gelyke plekke in ons Nuwe Nasie in te neem, en geïnspireer deur ’n nuwe patriotisme kan ons waarlik sê: Suid-Afrika behoort aan almal wat daarin woon.
10. In die lig van die voorgaande kommentaar is die erkenning van en respek vir verskeidenheid van die uiterste belang vir ware eenheid in verskeidenheid. Die voorstelle hieronder is nie bedoel om al die land se enorme probleme die hoof te bied nie. Dit toon bloot ons opregte poging om sosiale samehorigheid tussen Suid-Afrikaners te bou.
11. Die volgende aangeleenthede is geïdentifiseer vir onmiddellike aandag en optrede:
(i) Begeerte om ’n inklusiewe ekonomie te skep om grootskaalse armoede die hoof te bied.
Die Partye kom ooreen dat praktiese en gelokaliseerde ekonomiese ingrypingsprogramme aangepak moet word om plaaslike vaardighede en plaaslike kapitaal aan te wend om grootskaalse indiensneming te skep deur die verwydering van beperkende beleide en regulasies wat ekonomiese vernuwing belemmer. Die Partye kom dus ooreen om die moontlike vestiging van spesiale industriële en/of ekonomiese sones te verken waar geen sodanige beperkings en belemmerings sal geld nie.
(ii) Finansiering vir landbou vir nuwe toetreders en om huidige produsente aan die gang te hou.
Met die moontlike ineenstorting van die Landbank en feitlik geen vordering met die grondhervormingsprogram nie, bestaan daar ’n dringende behoefte aan ’n alternatiewe finansieringsinstelling. Met die oog hierop kom die Partye ooreen om die moontlike investering deur ’n Europese land te verken wat belangstelling in dié verband getoon het, welke investering die samewerking van die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling en die Reserwebank sal benodig.
(iii) Bevordering van landbou om voedselsekerheid en grootskaalse indiensneming te verseker.
Die Partye kom ooreen dat landbou moontlik die vinnigste manier is om indiensneming vir selfs die mees ongeskooldes in die samelewing te skep, en dat voedselsekerheid die prioriteit vir ons land moet wees. Die Partye beoog om twee of drie landbouprojekte te identifiseer wat as modelle vir die land onderneem kan word. Dit sal saam met verskeie gemeenskappe gedoen word, insluitende tradisionele gemeenskappe.
(iv) Bevordering van inheemse tale van verwaarlosing tot moderne tale.
Die Partye erken dat taal nie geskei kan word van die bevordering van mense se kultuur, waardes en norme nie. Gevolglik moet onderrig en leer met moedertaal as onderrigtaal bevorder word in ons skole en ander opvoedkundige instellings.
Dit beteken die bevordering van skryf, onderrig en kunsskepping in inheemse tale. In dié verband sal die Partye saamwerk om Lovedale Press en die C.P. Hoogenhout-skool in Wellington as loodsprojekte te laat herleef.
(v) Gevoel van vervreemding en gebrek aan vertroue.
Die vergadering het die gevoel van vervreemding onder Afrikaners en die lae vlak van vertroue tussen hulle en die regering in besonder bespreek. Dit is veral in die geval van Afrikaners opmerklik. Dit is belangrik om hierdie kwessie verder te verken ten einde die oorsprong daarvan te verstaan sodat ons dit uiteindelik kan oorkom en sodoende ook die pyn voortspruitend uit ons konflikte van die verlede te kan genees.
(vi) Insluiting van minderhede in die politieke lewe van Suid-Afrika.
Die nasionale uitvoerende gesag, die beleidmakers en die administrasie moet toeganklik vir Afrikaners as ’n gemeenskap wees, veral oor aangeleenthede wat in hierdie memorandum geopper word, om vertroue te bou en terreine van samewerking te ontwikkel. Die Partye kom ooreen om die moontlikhede hoe dit bereik en volgehou kan word, te verken.
Deur skakeling met die TMS wil Afrikaners uitreik na ander gemeenskappe in Suid-Afrika en die res van die vasteland om terreine van samewerking te identifiseer en wedersydse erkenning en respek te bevorder. Dit sal gedoen word deur praktiese programme asook intellektuele en wetenskaplike interaksie tussen die Partye.
(vii) ’n Sukkelende land, gebroke ekonomie en moeilike politiek.
Die huidige politieke en ekonomiese toestande in ons land maak dit vir Afrikaners moeilik om regstreeks met die regering te skakel, waarvan die strategiese fokus sal wees om met gemeenskappe eerder as met die regering saam te werk. Steun sal van die regering gevra word wanneer dit nodig is.
(viii) Munisipale infrastruktuur en die skepping van funksionele plaaslike regering.
Die Afrikaner-gemeenskap wil met ander gemeenskappe saamwerk om alle beskikbare vaardighede en ervaring rakende munisipale infrastruktuur en verbandhoudende kundigheid in sommige van die sukkelende munisipaliteite te benut. Die Partye kom ooreen om twee of drie munisipaliteite te identifiseer waar sodanige ingrypings gedoen kan word en om ’n model aan die hand daarvan te ontwikkel. Die Partye beklemtoon dat dit nie op ’n paternalistiese benadering deur Afrikaners sal berus nie, maar as ’n natuurlike verbintenis om gemeenskappe te dien.
(ix) Bevordering van veiligheid en sekuriteit in Suid-Afrika.
Die Partye is dit eens dat Suid-Afrika ’n onveilige plek geword het, veral met die voorkoms van geweldsmisdaad. Die landelike en boerderygemeenskappe is nog kwesbaarder as gevolg van hulle geografiese ligging en gebrek aan sekuriteitsbeskerming. Met die oog hierop het AfriForum ’n gemeenskaps- en tegnologiegebaseerde sekuriteitstelsel ontwikkel wat gebruik kan word om tot die land se omvattende sekuriteitsplan by te dra, wat behoorlik erken moet word deur die Ministerie van Polisie, die Kommissaris van Polisie en Misdaadintelligensie.
Die Partye sal deur dialoog saamwerk om hierdie doel te bereik, wat ook sal verseker dat dit nie ’n parallelle, destabiliserende stelsel van sekuriteit skep nie.
(x) Nie-diskriminasie in onderwys.
Die Afrikaner-gemeenskap beskou onderwys as ’n belangrike aangeleentheid nie net uit ’n pedagogiese perspektief nie, maar as ’n taalkundige, kulturele en waardegedrewe dissipline. Dit is belangrik dat die gemeenskappe wat hoogs gekonsentreerd is in sekere gebiede, insluitende Afrikaner-gemeenskappe, ’n mate van outonomie gegee word in die beheer van skole en die reg om privaat Afrikaanse opvoedkundige instellings op te rig. Waar gemeenskappe die uitoefening van hierdie reg ontsê word moet beswaar gemaak word.
(xi) Bevordering van kultuur en erfenis vir al die gemeenskappe.
Net soos onderwys, is kultuur baie belangrik vir die oordra van norme en waardes van een generasie na die volgende. Wat dit betref, moet Afrikaners as ’n Afrika-kultuurgemeenskap dieselfde behandel word as ander tradisionele en kultuurgemeenskappe om hulle vaardighede, digkuns, prosa, feeste en musiek te beoefen en erfenisherdenkings en ander instellings te bou, ens.
C. Afsluiting en volgende stappe
12. Die Partye erken dat hierdie terreine ooreengekome prioriteite vir die Afrikaner-gemeenskap is en van kritieke belang is vir die hantering van sosiale kohesie en ekonomiese ontwikkeling vir Suid-Afrika en die Afrika-vasteland. Die Reëlingskomitee wil gevolglik besonderhede ten opsigte van elk van die geïdentifiseerde terreine bepaal en ’n duidelike plan vir elkeen opstel. Daar moet ’n begroting vir die instelling van die Sekretariaat opgestel word om die implementering van hierdie voorgestelde programme te dryf.
13. Die Partye erken dat dit onmoontlik sou wees om ’n land te bou op ’n grondslag van wantroue; dit is dus ’n praktiese ervaring om vertroue tussen ons mense en gemeenskappe te ontwikkel, maar – nog belangriker – om saam te werk om die gees van vuk’uzenzele, selfstandigheid, selfhelp en selfversorging onder die gemeenskappe te bevorder.
Hierdie verklaring is op 27 Februarie 2021 in Kaapstad deur die volgende partye aangeneem:
Thabo Mbeki-stigting
Geteken deur dr Vincent Maphai
Solidariteit Beweging
Geteken deur Flip Buys:
AfriForum
Geteken deur Kallie Kriel:
Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK)
Geteken deur prof. Koos Malan:
Afrikanerbond
Geteken deur Pieter Vorster:
Solidariteit
Geteken deur dr Dirk Hermann:
Die DagbreekTrust
Geteken deur dr Theuns Eloff:
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
Geteken deur dr Oppel Greeff:
Sakeliga
Geteken deur Piet le Roux:
Die Vryheidstigting
Geteken deur Carel Boshoff:
Suider-Afrika Agri Inisiatief (SAAI)
Geteken deur dr Theo de Jager
Nasionale Werkgewersassosiasie van Suid-Afrika (NEASA)
Geteken deur Gerhard Papenfus:
Afrikaner-Afrika-inisiatief (AAI)
Geteken deur Chris Opperman:
Geteken deur dr Irma Eloff:
Geteken deur Schalk Burger:
Die Engelse getekende teks is die amptelike weergawe
Die Afrikaanse vertaling van die oorspronklike Engelse weergawe is behartig deur die Afrikanerbond
______________________________________________________________________
JOINT DECLARATION
Outcome of the Afrikaner Africa Conference
Cape Town
27 February 2021
____________________________________________________________________
A. Background
1. The Afrikaner-Africa Initiative (AAI), initiated by Mr Chris Opperman, approached the Patron of The Thabo Mbeki Foundation to express a desire –
- To address the feeling of alienation of Afrikaners in the body politic of South Africa,
- To contribute to the economic development of South Africa and Africa by using their skills, network and resources.
2. The Patron delegated this assignment to the Foundation for advice and management, and the Foundation appointed Dr Vincent Maphai to lead the exploratory discussions, initially with no anticipated end results. On the other hand, Mr Chris Opperman convened the Afrikaner group but also acted as an able Convenor for the AAI.
3. Exploratory discussions ensued between the Parties. Such engagements and discussion took various forms, inter alia:
3.1 A visit to Orania by the TMF delegation with Chris Opperman;
3.2 A broad consultative meeting between the TMF Advisory Council and the cross section of the Afrikaner organisations;
3.3 Various bilateral and information-sharing meetings between the parties, including home visits; and
3.4 Interactions (robust) via the WhatsApp medium.
4. The last formal seminar held at Akademia on 20 February 2020 resolved that:
- we create a steering committee (Steer-Com) to design a practical programme for the AAI.
5. The Steer-Com meets regularly and explores various opportunities that can be used by the parties to unleash their cultural and economic energies to the benefit of the country.
6. The Steer-Com arranged for an extended plenary session, which will be attended by the Principals on all sides, including Mr and Mrs Mbeki. Prior to this meeting, the Parties agreed that a detailed planning and agenda-setting bosberaad be held, which was held at Kwa-Ndaba Game Lodge on 8 and 9 February 2021.
7. The parties discussed, in detail, the problems faced by our country in general, and Afrikaners as a community. They also considered principled responses to these problems and designed a practical program to implement the outcomes of their discussions.
B. Kwa-Ndaba – Minute
8. To address the many problems that affect our country in general and the Afrikaner community in particular, We acknowledge the need to enlist the foundational tenets of constitutionalism as highlighted in the Constitution, as well as in best international practice, to address the challenges facing our country.
9. Commenting on the first five years of our constitutional democracy the Patron of the TMF, President Mbeki, said that (our emphasis):
South Africa enjoys conditions of peace and dignity. We have started to build a united nation, joining hands without regards to race, colour or gender. Each of our communities is free at last to express its linguistic and cultural identity and to assume equal place within our New Nation, inspired by a new patriotism, we can truly say: South Africa belong to all who live in it.
10. In the light of the foregoing comments, the recognition of, and respect for, diversity is vital to real unity in diversity. The proposals below are not intended to address all the country’s enormous problems. They are merely demonstrate our genuine attempt to build social cohesion amongst South Africans.
11. The following matters were identified for immediate attention and action:
(i) Desire to create inclusive economy to deal with mass poverty.
The Parties agreed that practical and localised economic intervention programs must be undertaken to employ domestic skills and domestic capital to create mass employment by removing restrictive policies and regulations that hinder economic rejuvenation. The parties therefore agree to explore the possible establishment of special industrial and/or economic zones where no such restrictions and impediments would apply.
(ii) Financing for agriculture for new entrance and sustaining current producers.
With the possible collapse of Land Bank and virtually no progress with the land reform programme, there is an urgent need for an alternative financing institution. To this extent, the parties agree to explore the possible investment by a European country that has expressed interest in this regard, which investment will require the cooperation of the Department of Agriculture, Land Reform and Rural Development, and the Reserve Bank.
(iii) Promotion of agriculture to ensure food security and mass employment.
The Parties agree that agriculture is possibly the quickest way to create employment even for the most unskilled in the society, and that food security must be the priority for our country. The Parties propose to identify two or three agricultural projects that can be undertaken as models for the country. These will be done with various communities, including traditional communities.
(iv) Promotion of indigenous languages from neglect to modern languages.
The Parties acknowledge that language cannot be separated from the promotion of people’s culture, values and norms. Consequently, teaching and learning with the mother tongue as language of instruction should be promoted in our schools and other educational institutions.
This means the promotion of writing, teaching and artistic creation in indigenous languages. To this extent, the Parties will cooperate in reviving Lovedale Press and the C.P. Hoogenhout School in Wellington as pilot projects.
(v) Feeling of alienation and trust deficit.
The meeting discussed in detail the feeling of alienation by Afrikaners and low level of trust between them and government. This phenomenon seems particularly evident in the case of Afrikaners. It is important to explore this issue further, understand its source so that we can ultimately overcome it, and heal the pain arising from our past conflicts.
(vi) Inclusion of Minorities in the political life of South Africa.
The Afrikaners, as a community, need access to the national executive, the policy makers and administration, especially on matters that are raised in these minutes, to build trust and to develop areas of cooperation. The Parties agree to explore the possibilities of how this can be achieved and sustained.
Through its work with the TMF, Afrikaners seek to reach out to other communities in South Africa and the rest of the continent to identify areas of cooperation and to promote mutual recognition and respect. This will be addressed through practical programmes as well as intellectual and scientific exchanges between the parties.
(vii) A floundering country, broken economy, and difficult politics.
The current political and economic conditions in our country make it difficult for the Afrikaners to deal directly with government, of which the strategic focus will be to work with communities rather than with government. Support will be sought from government when it is necessary.
(viii) Municipal infrastructure and the creation of functional local government.
The Afrikaner community desires to cooperate with other communities to utilise all available skills and experience regarding municipal infrastructure and related know-how in some of the ailing municipalities. The Parties agree to identify two or three municipalities in which such interventions can be made and design a model from these. The Parties emphasised that this will not be based on a paternalistic approach by Afrikaners, but as a natural commitment to serve communities.
(ix) Promotion of safety and security in South Africa.
The Parties agree that South Africa has become an unsafe place, especially with the prevalence of violent crime. The rural and farming communities are even more vulnerable due to their geographical location and lack of security protection. To this extent, AfriForum developed a community- and technology-based security system that can be utilised to contribute to the country’s comprehensive security plan, which call for due acknowledgement from the Ministry of Police, the Commissioner of Police and Crime Intelligence.
The parties will cooperate through dialogue to achieve this endeavour, which will also ensure that it does not create a parallel, destabilising system of security.
(x) Non-discrimination in education.
The Afrikaner community does not see education as an important matter only of pedagogy, but for linguistic, cultural, and value-laden discipline. It is important that the communities who are highly concentrated in various areas, including Afrikaner communities, are given some degree of autonomy in the governance of the schools and the right to establish private Afrikaans educational institutions. It is important to be vocal against communities being denied from exercising this right.
(xi) Promotion of culture and heritage for all the communities.
Like education, culture is very important in transferring norms and values from one generation to the next. To this extent, Afrikaners as an African cultural community must be treated in the same way as other traditional and cultural communities to be able to practice their craft, poetry, prose, festivals, music, building memorialisation and other institutions, etc.
C. Conclusion and next steps
12. The Parties note that these areas are agreed priorities for the Afrikaner community and are critical to dealing with social cohesion and economic development for South Africa and the African continent. The Steer-Com will therefore flesh out details with respect to each of the identified areas and create a clear plan around each. A budget for the establishment of the Secretariat is to be prepared for it to drive the implementation of these proposed programmes.
13. The parties recognise that it would be impossible to build a country on foundations of mistrust; this therefore constitutes a practical journey to develop trust amongst our people and communities, but – more importantly – to work together to promote the spirit of vuk’uzenzele, selfstandigheid, self-help and self-reliance amongst the communities.
NIE-AMPTELIKE AFRIKAANSE WEERGAWE IS VERTAAL DEUR DIE AFRIKANERBOND
* Die Engelse teks is die amptelike en getekende weergawe
Adres