Meer oor die Afrikaans-Amptelik 100-veldtog
Op 8 Mei 2025 vier Afrikaans sy honderdjarige bestaan as amptelike taal. ’n Wye en verteenwoordigende groep Afrikaanse organisasies, onder leiding van die Afrikaanse Taalraad (ATR) en Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM), stuur ’n veldtog van stapel om dit te vier. Dit is ’n gekoördineerde poging wat talle feeste op alle vlakke van die samelewing deur die hele land gaan hou, met ‘n nasionale geleentheid op 8 Mei 2025 by die ATM in die Paarl.
In ‘n skrywe aan die Afrikanerbond het Afrikaans-Amptelik 100-veldtog ons ’n wonderlike 2024 toegewens. “Met hierdie skrywe wil ons julle bedank dat ons saam hierdie groot mylpaal in die bestaan van Afrikaans kan omarm en vier. Ons taalstorie is soos ’n liefdesverhaal van oorwinnings, hartseer en groei, en ons storie is kompleks. Die Afrikaans- Amptelik 100-veldtog is nie geskep om ’n politieke punt te maak of om die verlede te verander nie. Afrikaans-Amptelik 100 is geskep om te sê: Kyk hoe ver het ons gekom. “
Afrikaans-Amptelik 100 het meer inligting op die webwerf https://afrikaans100.org/ waarin daar onder andere oor Afrikaans en die veldtog geskryf word. Ons taal is in die hande van ons sprekers. Kom ons vier haar diversiteit, kom ons vier haar reis tot nou en kom ons maak sáám ’n pragtige lappieskombers wat ons taal kan omvou en vir die volgende 100 jaar kan bewaar.
Afrikaans-Amptelik 100 beplan ‘n inklusiewe feesjaar wat alle Afrikaanssprekendes gelyke geleentheid bied om deel te word van die jaarfees en die belangrikheid van elke Afrikaanssprekende se rol in die voortbestaan van Afrikaans uit te lig.
Afrikaans-Amptelik 100 het ten doel om meer as 1 000 Afrikaanse organisasies, onderwysinstansies, gemeenskapsgroepe, besighede en individue feesdeelnemers te maak deur hulle die manifes te laat teken en dat elk op hul unieke manier hierdie Afrikaanse mylpaal vier in die voorloop, tydens die fees en/of in die afloop van die feesjaar. Die Afrikanerbond het die veldtog onmiddellik ondersteun en is die manifes reeds op 10 Mei 2023 onderteken en word erkenning ook reeds verleen aan die Afrikanerbond op die Afrikaans Amptelik-100 webblad.
Die Afrikaans- Amptelik 100-veldtog het die volgende doelstellings om hierdie mylpaal te gedenk:
Kom vier, ondersteun, erken en bou saam met ons, want lank sal sy lewe!
Die Afrikaans-Amptelik 100-veldtog het die uitnodiging gerig dat indien u nog nie die manifes onderteken het nie, is dit nou die kans. U kan as individu sowel as instansie/organisasie die manifes onderteken en sodoende die veldtog ondersteun. Vind die skakel hier: https://afrikaans100.org/manifes/
Die Nasionale Raad van die Afrikanerbond beplan reeds nou aan aksies om die veldtog te ondersteun en sal in die komende maande in nuusbriewe hieroor rapporteer. Enige voorstelle kan gestuur word aan kommentaar@abond.co.za
Dankie vir u reaksie
Daar was 'n fout met die instuur van u boodskap
Adres