Plaaslike Regeringsverkiesing - 27 Oktober 2021
In die huidige bedeling is dit uiters belangrik dat elke burger van Suid Afrika moet registreer om te kan stem in die komende plaaslike verkiesing wat op 27 Oktober 2021 sal plaasvind. Daar is klomp aspekte wat die kieser van Suid Afrika ongelukkig maak en in ʼn sekere mate moedeloos laat voel. As daar na dienslewering gekyk word gaan die land by die dag agteruit. Dit is skokkend en laat ʼn gevoel van magteloosheid ontstaan. Deur te registreer as kieser en ʼn stem uit te bring is daar deelname aan demokrasie. ʼn Positiewe kieser kan rigting bepaal waar waardes, standaarde en norme vir Suid Afrika van groot belang is.
Vanuit ʼn verklaring van die Onafhanklike Verkiesingskommissie die volgende: “Die Kommissie herinner kiesers daaraan dat daar slegs een naweek vir die algemene registrasie van kiesers is as gevolg van beperkings op hulpbronne. Ons doen 'n beroep op alle stemgeregtigde kiesers - veral kiesers wat die eerste keer sal stem - om seker te maak dat hulle gereed is om deel te neem, insluitend die verkryging van ID-dokumente waar nodig. Ons doen ook 'n beroep op alle partye, die media, die burgerlike samelewing en ander om saam met ons te werk om die deelname onder alle Suid-Afrikaners te bevorder en aan te moedig, sodat ons die toename in die stempersentasie wat ons tydens die laaste plaaslike regeringsverkiesing gesien het, kan voortsit. Ander belangrike voorbereidings sluit in die finalisering van kandidaat-benoemings vir Wyk- en proporsionele verteenwoordiger lyste vir die verkiesing wat vir 10 000 wyke in 205 plaaslike munisipaliteite, 8 metro's en 44 distriksrade gevoer sal word. Dit sal hoofsaaklik bestuur word via die Aanlyn-kandidaatstelsel vir kandidate. Kandidaatbenoemings is geskeduleer om gedurende Augustus en September plaas te vind.”
KONTROLEER DAT U BY DIE REGTE STEMLOKAAL GEREGISTREER IS.
Die verkiesing van lede vir die plaaslike besture sal binne ses maande gehou word, behalwe as die Konstitusionele Hof ten gunste van van die Gautengse COGTA MEC beslis dat die verkiesing gehou kan word eers wanneer die COVID-19 regulasies dit toelaatbaar maak.
Die omvangryke proses om te verseker dat ‘n kieser by die stemlokaal naaste aan sy fisiese adres geregistreer is, is tans aan die gang. In ’n plaaslikebestuur verkiesing kan u SLEGS stem by die stemlokaal waar u geregistreer is!!
Kontroleer u inligting soos hieronder aangedui. Indien u van fisiese adres verander het en nie die OVK laat weet het nie, kan die volgende inligting u tot hulp wees.
1. Kontroleer u huidige status. SMS NET u ID-nommer na 32810 en kry dadelik u inligting en die adres van die stemlokaal waar u moet stem.
2. Kontroleer ook u huidige status by die OVK https://www.elections.org.za/pw/ Deur u ID nommer in te sleutel. Meeste politieke partye se webwerwe kan ook behulpsaam wees hiermee.
3. Nuwe kiesers kan net by ‘n kantoor van die OVK registreer. In die meeste dorpe/stede is daar ‘n kantoor van die OVK. In Tshwane is dit te Cliftonstraat, Centurion. Tel. 0123581831 OF Die OVK reël net een naweek dat u by u naaste stemlokaal kan registreer. (Die datum sal nog aangekondig word)
4. As u reeds geregistreer is as kieser en u het verhuis kan u u adres verander by
http://www.elections.org.za/content/
5. U kan die adres van u stemlokaal kry by http://maps.elections.org.za/vsfinder/
Voorsien asseblief hierdie inligting aan al u familie en vriende.
Adres