2023 MentorVennoot - Ons skep hoop
Deur Andries Domburg
Voorsitter – Mentorvennoot Direksie
2023 Was weer eens ‘n jaar van uitdagings en positiewe groei. Die digitalisering van die Snapspel het uitstekend na vore getree en Albert van Wyk se “Maak my ’n miljoenêr”- program op Via het groot inspraak gemaak!
Die ekonomiese onsekerheid onder volwassenes het ’n groot effek op ons jongmense se
lewensbeskouing en word daar toenemende druk op hul beroepskeuses geplaas. Jongmense word gebombardeer met inligting vanuit verskeie oorde en as “waarheid” verkoop. Die belangrikheid van goeie/verskilmakende inligting/blootstelling en die gevolglike besluite word hierdeur onderstreep. Dit is juis hier waar die sprankel van hoop die denkpatroon van jongmense aangryp – die geleentheid om nuwe hoop deur entrepreneurskap te bied - onsekerheid wat gelaat is maak plek vir deelname en die sprong na iets nuuts – die skoliere is gaande oor dit wat Mentorvennoot/School Sollutions en Albert van Wyk na die tafel toe bring.
Die onderwysers kan nie uitgepraat raak oor die golf van opwinding wat oor die skoolterreine
loop nie. Die tweede- en derde generasie MentorVennoters kom na vore en help om die 2023 Snapspele aan te bied. Die HOOP word gedra!
Die belangrikheid om nie te gaan lê nie word weer onderstreep en die bewyse hiervan stroom in – ons skoliere het bo die gevestigde ‘normaal’ presteer deurdat nuwe rekord winste aangeteken is. Dankie, aan almal wat betrokke was - ten spyte van besige programme het julle steeds kans gesien om aan die MentorVennoot se Snapspele deel te neem.
528 Leerders is landwyd met die Snapspel bedien (76 spanne). Albert van Wyk se boek (Miljoenêr op 22) en sy insiggewende motiveringspraatjies en blootstelling saam met Die MOS-inisiatief by skole is ‘n wenner! Op hierdie manier het nagenoeg 20,000 skoliere blootstelling ontvang – om nie eens te praat van die tien-duisende wat sy TV program op VIA gesien het nie) Leerders wat aan die Snapspel deelneem kry toegang tot sy boek (elektroniese weergawe). Die kommersiële waarde hiervan is R4,000 per leerder - dus ongeveer R8,0miljoen word afgelewer!
As in gedagte gehou word dat ons in 2021 slegs 180 leerders bedien het, is die dramatiese
styging in blootstelling meer as waarvoor ons kon vra!
Belangrik is dat die behoefte aan entrepreneuriese denkestimulering steeds bestaan en dat daar steeds maniere gevind moet word om die getalle nog groter te kry.
Die laaste 2023 Snapspel (Die 2023 MentorVennoot Snapspel Finaal) is op Saterdag, 20 Oktober 2023 in die Krugergallery by die Voortrekkermonument gespeel. Eldoraigne Hoërskool (met Anna Marie hul onderwyseres) het as die kampioene uit die stryd getree en het met ’n Prysgeld van R10,000 weggestap. Veels geluk aan hulle!! Die leerders van Potchefstroom Gimnasium (Soekie) en HTS Tuine (Owen) in Pretoria het in die tweede- en derdeplekke onderskeidelik geëindig het met R5,000 elk weggestap. Die uitslae oor die afgelope jaar was baie goed en nuwe rekords op die Algehele Skole-telbord (opgebou sedert 2018) vir die Restaurantspel is opgestel! Deelname- en prestasiesertifikate is aan alle leerders gestuur en oorhandig. Ons sal ook binnekort die reëlings vir volgende jaar aan u bekend maak .
Dankbetuiging:
Met die hulp van mnr Daan Potgieter van Die Afrikaanse Onderwys Netwerk (AON) se R165K (‘n Vennoot deur dik en dun) en mnr Marius Joubert van School Sollutions se R70K bydrae is die styging in getalle moontlik gemaak. Ons opregte en spesiale dank aan beide die instansies vir die finansiële steun. Nodeloos om ook die steun van Marius Joubert, Basie Heckroodt en Albert van Wyk en die groot groep onderwysers/skoolhoofde en ouers te noem wat hierdie groei teweeg gebring het. Ons opregte dank ook aan al die skoliere wat deelgeneem het – julle is eintlike die helde!!
Ons hoop vir 2024 is om, verdere finansiële steun en maatskappybetrokkenheid te mobiliseer om ons regmatige plek in die volkshuishouding in te neem. Die belangrike kwessie van werkskepping deur die privaatsektor vra ‘n hupstoot. ‘n Belegging in die konsep van entrepreneuriese denkestimulering en mentorskap moet gemaak word.
Die boodskappe van die leerders en terugvoer maak dit alles die moeite werd. (Sien onder)
__________________
Dankie oom Marius, oom Andries, en almal anders wat betrokke was om hierdie geleentheid moontlik te maak.
Baie mense wil besighede begin, met innoverende idees en groot drome, maar ken nie die realiteit daarvan nie. Hulle het nie genoeg kennis of ervaring om te weet waarin hulle instap nie.
Ek het geleer dat jy nie alles op jou eie kan doen nie, ek het geleer om te vra as ek hulp nodig het, en hoe om met iemand te werk wat nie saamstem met my keuses nie. Ek het ook geleer hoe om my kreatiewe brein toe te pas op n besigheid.
Niks is so maklik soos wat dit lyk nie. Dankie dat u die geleentheid vir jong mense gee om hulle voor te berei vir die besigheidswêreld.
_____________________
Baie dankie vir dje geleentheid wat oom vir elkeen van ons bied deur die simulasie op so wye vlak aan te bied. Ek waardeer die tyd en moeite wat oom keer op keer daar insit.
Ek glo die simulasie gaan ‘n groot verskil maak wanneer dit kom by die entrepreneurs van môre.
Dit leer ons al van ‘n jong ouderdom af dat jy nie vir alles kan leer of alles van iets sal kan weet nie. Dit leer ons dat sukses tyd verg, dat sukses net kom van harde werk af, baie keer neerval en weer opstaan en “anders” dink as die res van die wêreld.
Met die geleentheid het 2 dinge by my agtergebly wat ek daagliks in my lewe toepas. Ongemak lei tot sukses en dat kort termyn besluite, langtermyn gevolge het.
Hiermee wil ek net vir oom sê, al lyk dit soms of ons as kinders of tieners niks leer uit die simulasie uit nie, wil ek oom net verseker dat dit nie verder van die waarheid af kon wees nie. Iewers leer ons almal iets, al is dit net uit ons foute uit.
Ek hoop oom se toekoms is blink en dat oom die simulasie sal bly uitbrei en verbeter.
Dankie vir die verskil wat oom by die ‘jongmense’ maak
Groete Deidré
_______________
Ek wil net baie dankie sê vir die wonderlike geleentheid wat Oom vir ons moontlik gemaak het.
Ek het ongelooflik baie uit die besigheid simulasie geleer rakende entrepeneurskap. Die ondervinding word hoog op prys gestel. Weereens baie dankie. –
Chelsea De Wee
Dankie vir u reaksie
Daar was 'n fout met die instuur van u boodskap
Adres