Onze Rust
Die boek Onze Rust deur Pieter Verster deur Naledi Uitgewers het pas aangeland by Die Eike word ook op die wyse aan lede en belangstellendes bekendgestel.
Volgens die omslag is dit: 'n Aangrypende en meesleurende verhaal van twee Afrikanermans se geestelike worstelstryd in hul onderskeie tydperke van ingrypende verandering meer as 'n eeu verwyder van mekaar. Die historiese feite en omstandighede rondom pres. Steyn se na-oorlogse terugkeer na die Vrystaat word treffend aangebied. Steyn worstel oor sy rol in die oorlog en of hy reg gedoen het deur nie oor te gee nie.”
“Twee predikante met verskillende oortuigings, die een jonk, die ander op aftrede, beleef omwentelings in die gemeente. Die verskille bereik soms breekpunt. Herman, die Klipkerk-dominee in Bloemfontein, se belewenis van 'n golf van diepgaande verandering in sy gemeente word treffend verwoord danksy die skrywer se intieme kennis van die onderwerp.
Die twee hoofkarakters se verterende onsekerhede en verwyte word so meesterlik ineengevleg dat dit, en die einde, 'n blywende indruk op die leser laat.
- Colin Steyn, agterkleinseun van President Steyn
Dis uitstekend geskryf. Die karakters is werklike mense. Mense van vlees en bloed, swakhede en moed.
- Cas Vos, emeritus dekaan van die Fakulteit Teologie van die Universiteit van Pretoria
Pieter Verster is tans Navorsingsgenoot aan die Universiteit van die Vrystaat en afgetrede professor in Sendingwetenskap van die Fakulteit Teologie en Religie van die UV.
Bestel by https://naledi.co.za/product/onze-rust/
Dankie vir u reaksie
Daar was 'n fout met die instuur van u boodskap
Adres