Oordenking: Ja, Hy lewe…Hy was, is en bly die LOGOS
Deur dr Jan Botha
Dawid sê in Psalm 119: 9 “Hoe kan ‘n jongmens (ek en jy, ons) sy pad suiwer hou, deur dit te hou na U Woord”.
Wat ‘n groot voorreg en geskiedkundige tyd was dit nie om na jare se vertaalwerk en navorsing die “Nuwe vertaling” van die Bybel in Afrikaans van 2020 te vier nie. Die Woord word vlees, die Logos, God se Woord in mense taal word vir ‘n derde keer in ons mooi en gevoelvolle, passievolle Afrikaans vertaal!
Jare gelede, op 7 September 1872 het Arnoldus Pannevis ‘n brief aan die Kaapse koerant De Zuid-Afrikaan geskryf. Daarin pleit hy vir die vertaling van die Bybel in Afrikaans want “die Engelse en Nederlanse Bybels is vir die duisende ‘Hollandssprekendes’ aan die Kaap ‘n geslote boek”.
‘n Nuwe verwagting en droom is geskep! ‘n Nuwe vertaling het begin momentum kry. In 1919 het Afrikaans vir die eerste keer as “kanseltaal” erkenning gekry. In 1933 is die Bybel vir die eerste keer in Afrikaans vertaal, in 1953 is die vertaling hersien en in 1983 het ‘n tweede Afrikaanse Bybelvertaling die lig gesien.
Op 29 November 2020 is die derde Afrikaanse vertaling van ons Bybel bekendgestel. Ja, 37 jaar na die vorige een met 170 medewerkers en 24 verskillende kerkgenootskappe wat daarby betrokke was.
Ons vier weer Paasfees, ook tydens die gebrokenheid, onsekerhede, twyfel en verwarring wat die impak van ons land se uitdagings asook die verkiesing oor twee maande veroorsaak, want die Woord het Vlees geword!
Ja, Hy lewe…Hy was, is en bly die LOGOS!
Jesus ons Here en verlosser het Immanuel, God met en by ons geword. Hy die Logos het die Vader se omgee, liefde, genade en vrede kom leef, tussen ons selfs deur sy kruisdood en lyding heen.
In dié Christus-tyd en veral tydens die Paasfees eis die Drie-enige God weer verwondering. Verwondering want ons lees in 2 Timoteus 3:16 “Die hele Skrif is deur God geïnspireer”. Die Griekse woord sê letterlik “ingeblaas”, “ingegee” of “ingeasem”!
Prof Willie Jonker het dan ook saam met ons Gereformeerde voorsate bevestig dat die wonderlike, Goddelike Boek vier wesenseienskappe het naamlik:
Jesus het die Woord gelewe! Ons moet weer in die Paas-Christus-tyd:
Paulus sê so duidelik in die Boodskap se vertaling van die Bybel in 2 Timoteus 3:14-17 die volgende:
Bly op die koers waarop die Bybel ons geplaas het
(14)Maar jy, Timoteus, moet jou nie ’n duim van koers af laat bring nie. Bly by die dinge wat vir jou geleer is en wat jy weet waar is. Jy weet mos wie dit alles vir jou geleer het. (15) Toe jy nog klein was, het jy al die Skrif gelees. Jy kan baie daaruit leer, soos hoe ’n mens se saak met God weer reggemaak kan word deur op Christus Jesus te vertrou.
(16) Die hele Skrif kom direk van God af. Daaruit kan ons so baie leer. Dit help ons om te wys waar mense die pad byster raak en om hulle weer reg te help. Uit die Skrif kan ons ook vir mense wys hoe God wil hê hulle moet leef. (17) Op dié manier sal iemand wat God s’n is, weet wat God van hom verwag en só reg wees om behoorlik vir God te kan werk.
Ons dogter sê ‘n paar maande gelede vir my: “Pappa as ek iets eendag kan erf, kan dit asseblief pappa se “Army Bybel” wees, want hy is opgebruik!” Kom ons koop en of laat vir onsself en ons nageslag ‘n Bybel, ja miskien sommer die Nuwe Afrikaanse Bybelvertaling van 2020 na, want dit vertel die “Ou Storie” van God se seun wat Logos geword, gesterf en die dood oorwin het!
Die Woord het vlees geword! Kom ons gaan lewe die Woord met passie en omgee ook in die uitdagende tye en ook in die uitdagende omstandighede van die res van 2024!!!
Hy leef en kom beslis weer!
* Dr Jan Botha is Predikant by Florauna en Petronella NG gemeentes
Dankie vir u reaksie
Daar was 'n fout met die instuur van u boodskap
Adres