Oordenking: Vertrou op die Here
Deur ds. Dawie Scheepers
Kimberley
2 Kron. 20:13-27 (20)
Die afgelope paar jare was moeilike jare. Eers was dit Covid en daarna het die Russies-Oekraïnse oorlog uitgebreek, en nou is die Israeli - Palestynse krisis.
Of dit nie genoeg is nie bevind ons ons in ‘n ekonomiese krisis. Nie net skiet die pryse van kos en noodsaaklike goedere die hoogte in nie, maar alles breek rondom ons. Daar is die kragkrisis, die water kom nie by ons huise uit nie en ons paaie is in ‘n toestand. Om dit te vererger is daar gerugte van veldbrande, oorstromings, windskade en droogte. Ons voel totaal verlore.
Israel bevind hom in dieselfde slegte posisie in 2 Kron. 20. Die Moabiete, Ammoniete en Meüniete het opgetrek teen koning Josafat van Juda om oorlog te maak. Die oormag het die voortbestaan van God se volk bedreig. Toe staan die Leviet Jagasiël op en sê: “Julle moenie bang wees of julle laat afskrik deur hierdie groot menigte nie, want dit is nie julle geveg nie, maar God s’n.”
Dan volg daar drie belangrike gebeure:
Josafat was ‘n wonderlike koning, iemand wat God in alles geken het, wat volgens God se verwagting wou leef. Daarom is hy vir ons ‘n aansporing. By hom kan ons leer dat stil vertroue ons lewe moet versier. Ons kan nooit te veel van God verwag nie. En God is boonop getrou. Hy sal alles op sy tyd en manier laat gebeur. Ons moet dit net kan raaksien en Hom voortdurend loof. Die lewe moet vir ons ‘n lied wees. Ons lewe is in Sy hande.
Dankie vir u reaksie
Daar was 'n fout met die instuur van u boodskap
Adres