Oorkonde vir deelname en leiding in kerklike en kultuurlewe
Reeds in November 2019 het die bestuur van Gebied 1 Goeie Hoop besluit om vir Dr Pieter Bingle en vir Ds Kobus Van Der Westhuyzen , beide oud UR lede vir die Wes-Kaap ,te nomineer vir die spesiale toekenning van die AB vir dienste gelewer
Die Nasionale Raad het dit ook so goedgekeur en is ‘n oorkonde goedgekeur met die volgende: ons dank en waardering vir baie jare se toegewyde en omvangryke werk wat hy in belang van Afrikaners in Suid-Afrika gelewer het. Sy deelname en leiding in die kerklike en kultuurlewe, ver buite die geledere van die Afrikanerbond, het nie ongesiens verby gegaan nie. Langs die weg gee ons graag erkenning vir die besondere uitlewing van die strewe en doelwitte van die Afrikanerbond.
Weens omstandighede kon ons nog nie ds. Kobus van der Westhuyzen se oorkonde oorhandig het nie. Vroeër die maand het Brs Nico Burger, Anton Janse Van Rensburg , Willem Rossouw en Jan Kotze by wie se huis ontmoet is die oorkonde aan Br Kobus van der Westhuyzen oorhandig. Daarmee saam is ‘n bottel van die Afrikanerbond Eeufees Port en die eeufeesboek Broederskap deur O.J.O Ferreira gegee
Tydens die ontmoeting het ds Kobus van der Westhuyzen (91) wat nog relatief gesond is sy groete en dank oorgedra en kon ons baie lekker gesels
Nico Burger , Gebiedsekretaris Gebied 1 Goeie Hoop
Dankie vir u reaksie
Daar was 'n fout met die instuur van u boodskap
Adres