Opname van AB in Dialoog - Webinaar met adv. Gerrie Nel
Opname van die Afrikaners in dialoog met:
Adv. Gerrie Nel Gesprekswebinaar: Woensdag 24 Mei 2023
Tema: “Die verval van die Strafregsisteem”
Ons opregte dank en waardering vir die wye belangstelling en deelname in die AB in Dialoog webinare. Die webinaar met adv. Gerrie Nel was net so suksesvol en is goed bygewoon. Die gesprek was wydlopend en het adv. Nel uitgebrei en sy indrukke gegee oor verskeie kwessies in die strafregstelsel. Onder andere is gepraat oor:
- Waarom die eindelose stryd om voormalige President Zuma aanspreeklik te hou en die aanhoudende uitstel van sake.
- Die onsuksesvolle Gupta uitlewering vanuit Dubai. Is daar verbrou in die saak?
- Is sommige mense meer gelyk voor die reg as ander?
- Kan van die kwessies in die Zondo verslag en die beweringe deur Andre de Ruyter moontlik privaat vervolg word?
- Wat is die doel en rol van privaatvervolging?
- Wat is tans die situasie by die Nasionale Vervolgingsgesag en is die instansie in staat daartoe om vervolging te kan hanteer of reg te stel? Kan dit reggestel word?
- Is die verval in ons regstelsel slegs onbevoegdheid of word sommige sake wel doelbewus ondermyn?
Kyk na die geredigeerde weergawe van die webinaar by die volgende skakel - Webinaar met adv. Gerrie Nel
Lede en afdelings is welkom om name of aktuele kwessies voor te stel wat ons kan oorweeg vir toekomstige webinare. Stuur gerus enige inset na kommentaar@abond.co.za