Opname van Webinaar met Dawie Roodt
Langs die weg weer ons dank vir die groot belangstelling en deelname in die AB in dialoog met Dawie Roodt. Ons het reeds weer heelwat versoeke ontvang vir die opname van die webinaar wat op Woensdag 19 April 2023 plaasgevind het. Beurtkrag het ʼn klomp lede se deelname onderbreek. Die opname van die gesprek oor die knelpunte in die Suid-Afrikaanse ekonomie en internasionale tendense en ons betrokkenheid by BRICS is gelaai op ons webwerf. U is welkom om die opname ook te sirkuleer na u netwerke.
Volg die skakel na die opname van die webinaar met Dawie Roodt :
U kan onder andere kyk na Dawie Roodt se siening oor internasionale ekonomiese tendense, staatskuld en staatsbesteding, die konflik in beleid, inflasie en verbruikersvertroue, die presidensiële beleggingskonferensies, die druk op die reserwebank, Bitcoin, BRICS en die noodsaak aan neutraliteit en dan ook die gryslys en geldwassery
Dawie Roodt gee ook duidelik stappe oor wat nodig is om ekonomiese groei en regstelling te kry waaronder privaateiendomsreg, vrye handel, gesonde geld en lae inflasie.
Kyk gerus ook na ons vorige AB in dialoog Webinare by die volgende skakels
· Prof Dirk Kotzé oor koalisiepolitiek: AB in Dialoog op 22 Maart 2023
· Prof Theo Venter oor politieke uitdagings en geleenthede: AB in Dialoog op 13 Februarie 2023
Ons sirkuleer spoedig inligting oor ons volgende AB in Dialoog webinaar. Lede word aangemoedig om moontlike name en temas deur te stuur van kundige sprekers wat genooi kan word om genooi te word na die AB in Dialoog webinare.
Dankie vir u reaksie
Daar was 'n fout met die instuur van u boodskap
Adres