Oppas vir fopnuus
Een ding wat ons maar net nie afgeskud kry nie is die een oor fopnuus. Vinnig val ons vir ʼn storie, stuur dit aan met WhatsApp of deel dit op Facebook net om later uitgewys te word as fopnuus. Alhoewel ʼn regstelling dan soms geplaas word is die skade reeds aangerig, want dit is soos klitsgras wat reeds verder versprei het.
Fopnuus steek sy kop oral in sosiale media uit. In ons AB nuusbrief het Johan Mostert reeds hieroor geskryf en gesê fopnuus “verwys na die publisering van nuus met die doel om te mislei, propaganda te bedryf of disinformasie te versprei. Ook die Afrikaanse sosiale media het hierdie verskynsel nie vrygespring nie. Dit was veral berigte van regse webwerwe vanuit die VSA wat die rondtes begin doen het en onnadenkend deur ontvangers die wêreld ingestuur is onder die indruk dat dit ware nuus bevat. Dit kom voor of heelwat Afrikaners daarvoor geval het. Berigte met gruwelike verdraaiings is onkrities aangestuur. Daar bestaan ʼn groot gevaar dat die waarheid ʼn slagoffer word in die stryd om persepsies, want dit is waaroor dit in finale instansie gaan
Verlede week was dit ook die geval op ʼn landbou inligtinggroep waar ʼn fopnuuskwessie sommige se emosie gaande gehad het en dit later reggestel is. Die bekende prokureur van Potchefstroom, Hans Jurie Moolman het die volgende advies hieroor op die groep geplaas en met sy instemming plaas ons dit graag in die AB Nuusbrief.
Net weer eens ‘n herinnering hoe gevaarlik gedeelde inligtingsbrokkies op sosiale media kan wees. So paar gedagtes om deur al die gemors te probeer sif:
Dankie vir u reaksie
Daar was 'n fout met die instuur van u boodskap
Adres