Voltydse pos as Veldtogbestuurder by Die Eike
Aansoeke word ingewag vir ʼn jong Afrikaner wat aangestel sal word by die Afrikanerbond se kantoor by Die Eike in Randburg.
Daar is tans ʼn dringende behoefte aan ʼn ondersteunende sosiale media-veldtogbestuurder en navorser/skrywer wat ingelig en met insig kan skryf rondom die Afrikanerbond se fokusareas naamlik Onderwys, Regstellende Aksie/Diskriminasie, Misdaad, Landbou en Grondsake, Afrikanerstandpunte en groepsbelange en Afrikaans en om sodoende potensiële lede vir die Afrikanerbond te werf."
Die pos van die veldtogbestuurder omvat ‘n verskeidenheid van pligte waaronder of insluitende die volgende:
Bou van navorsingskapasiteit
- Om relevante inligting tot die visie en missie en strategiese doelwitte van die Afrikanerbond te versamel, te interpreteer, te verwerk en te populariseer.
- Om gepaste tematiese materiaal voor te berei vir AB nuusbriewe en sosiale forums
- Aktiewe deelname en gesprekke op die Afrikanerbond se Facebook /e-Afrikaner en ingelig is oor vorme, bestuur en insette in sosiale media
- Skep van kort insetsels vir sosiale media-verspreiding
- Die opstel van standpuntstukke oor aktuele sake vir verspreiding na al die strukture en individuele lede van die Afrikanerbond vir bespreking
- Die voorsiening van en verwerking van insette vir kommentare en insette van lede en strukture
Kwalifikasies
Die veldtogbestuurder beskik oor
- ‘n Gepaste nagraadse kwalifikasie wat bewese skryf en standpuntstelling geverg het binne die fokus areas van die Afrikanerbond.
- Uitgebreide kennis van sosiale media
Kennis vaardighede en vermoëns
- Kennis van die Suid-Afrikaanse politieke toneel
- Kennis van die Afrikaanse kultuurhuishouding en Afrikanerbelange.
- Kennis van die kwessies wat Afrikaners direk raak
- Vermoë om akademiese inligting en stukke te kan populariseer vir algemene gebruik (Geweegde inligting: voorsiening en verspreiding)
- Uitstaande gebruik van Afrikaans in skryf en begrip en ‘n goeie begrip van Engels
- Uitstaande vaardighede in die gebruik van rekenaars en sosiale media.
Jong belangstellendes wat voldoen aan bogenoemde vereistes en bereid is om te werk in ‘n uitdagende omgewing word versoek om voor of op 30 April 2021 ʼn CV en voorbeelde van skryfwerk/sosiale media vaardighede te stuur aan
janbosman@abond.co.za of indien daar navrae is te te skakel met die hoofsekretaris, Jan Bosman by 011 782 8569