Volg die skakel onder om na die opname van die gesprek te kyk:
In die AB Aktualiteit Gespreksreeks deel prof. Andre Duvenhage van NWU enkele perspektiewe op die uitslag van die VSA verkiesing . Die meeste nuusdienste het teen Woensdag 6 November reeds bevestig dat Donald Trump die 47e president van die VSA sal wees en dat die Republikeine die meerderheid in die Amerikaanse Senaat het terwyl die Huis van Verteenwoordigers se meerderheid nog nie bevestig is nie.
Trump se regeringsprogramme en beleid sal in die komende dae duidelik word.
Net voor stemdag het News24 die volgende te sê gehad oor ʼn Trump presidensie en die impak op Suid-Afrika:
News24 “Trump is nie ʼn groot aanhanger van Suid-Afrika nie – inteendeel hy het Suid-Afrika soos volg beskryf: "a total - and very dangerous – mess". In sy vorige presidentskap het hy die Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake opdrag gegee om "land and farm seizures and expropriations and the large-scale killing of farmers," te ondersoek. -
Trump kan volgens News24 nog 'n paar probleme veroorsaak wat SA sal moet oplos. “Een daarvan is die toekoms van die Africa Growth and Opportunity Act (AGOA), wat sommige Afrikalande se goedere belastingvrye toegang tot die VSA-mark gee. Die ooreenkoms moet volgende jaar hernu word, en selfs al word dit onder Trump verleng, mag hy Suid-Afrika van die voordele uitsluit. Sommige Amerikaanse politici het lankal hul ontevredenheid uitgespreek oor SA se insluiting in AGOA, beide weens sy verhouding met China en Rusland, en ook omdat dit 'n ryker land op die vasteland is.”
AB Aktualiteitsreeks soos opgeneem op 6 November 2024
Dankie dat u kommentaar gelewer het. Dit word aangestuur na Die Afrikanerbond se hoofkantoor.
Adres