Die Rapport Onderwysfonds neem afskeid van Waldimar Pelser
Op Woensdag 19 Januarie 2022 het 'n historiese geleentheid by Die Eike plaasgevind waar drie eietydse redakteurs van Rapport teenwoordig was. Die Rapport Onderwysfonds (ROF) het hier afskeid geneem van sy voorsitter, Waldimar Pelser. Nadat Waldimar gedien het as redakteur van Rapport, is hy vanaf 1 Februarie 2022 die Uitvoerende Hoof van KykNet-kanale.
In die Christiaan de Wet-raadsaal by Die Eike in Randburg was al die trustees óf regstreeks óf digitaal met Zoom teenwoordig. Die trustees bestaan uit die stigterslede van ROF naamlik Rapport, die Afrikanerbond, Solidariteit en die Dagbreektrust sowel as uit ander organisasies soos FEDSAS, SAOU en die Solidariteit Skole Ondersteuningsentrum.
Die byeenkoms was histories in die sin dat Tim du Plessis, die eerste voorsitter en voormalige redakteur van Rapport, asook Waldimar Pelser en die nuwe redakteur, Inge Kühne, deelgeneem het.
Nadat al die trustees hulle hoë waardering teenoor Waldimar Pelser uitgespreek het, het hulle die nuwe redakteur hartlik verwelkom is.
Uiteraard het Jan Bosman wat as trustee die namens die Nasionale Raad van die Afrikanerbond, Waldimar bedank vir die besondere rol wat hy as voorsitter van die ROF gespeel het, waar sy insig, leiding en deelname van onskatbare waarde was.
In die afskeidsbrosjure is die gedig van Br Louis du Plessis, lid van die Nasionale Raad van Gauteng-Suid en trustee van die Rapport Onderwysfonds opgeneem
So kronkel jy Waldimar
van kantoor tot kantoor
van verhoog tot verhoog
waar die land jou hoor
om tree vir tree te verseker
dat die multikulturele koor
in jou vlymskerp glimlag
die Afrikaanse stem hoor
In die Christiaan de Wet-raadsaal in Die Eike vergader drie redakteurs van Rapport: van links af Inge Kühne, Waldimar Pelser en Tim du Plessis.
Dankie vir u reaksie
Daar was 'n fout met die instuur van u boodskap
Adres