Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com

AB Aktualiteit: Gespreksreeks


AB Aktualiteit: Gespreksreeks
AB Gauteng-Noord in gesprek met Roland Henwood - 22 Junie 2024
Belangrike tendense in die 2024 Verkiesing

Volg die skakel onder om na die opname van die gesprek te kyk:


Op 29 Mei het Suid-Afrika sy sewende algemene verkiesing in die nuwe grondwetlike bedeling gehad. Op 14 Junie 2024 is ʼn Verklaring van Voorneme tussen die ANC en DA ooreengekom waarbinne ʼn Regering van Nasionale Eenheid gevorm sal word. Intussen het ander partye toegetree en is die ANC, DA, IVP, PA, VF Plus, Good, PAC, UDM, Rise Mzansi en Al Jama-ah tans almal deel van die RNE.


Die land is tans in afwagting op die samestelling van die kabinet en meer besonderhedede oor die RNE. Op Saterdag 22 Junie het Roland Henwood, politieke ontleder en dosent verbonde aan die Universiteit van Pretoria sy besondere insigte gedeel met ʼn aanbieding by die Afrikanerbond in Gauteng-Noord. In die tema  Belangrike tendense in die 2024 verkiesing is verskeie kwessies aangeraak.

  • Wat was die uitkomste van die 2024 verkiesing?
  • Magsdeling / Koalisie of Regering van Nasionale Eenheid?
  • Verskuiwing van ideologie en magsblokke / faksies sedert 1994
  • Die NGV was die draaipunt vir die ANC
  • Konteks van 2024 verkiesing
  • Leierskap en swak regering
  • Die groot verandering of draaipunt  - Is dit 2024 of 2029?
  • Opposisie groei en invloed
  • Die rol van die OVK
  • Rol van die burgerlike samelewing
  • Die groter fokus op ras in die samelewing
  • Buitelandse beleid 

 

AB Aktualiteitsreeks soos opgeneem op 22 Junie 2024

Kommentaar op Aktualiteit

Share by: