Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com

Maandelikse Nuusbrief van die Afrikanerbond

           November 2022

Sake voortspruitend uit die AB Bondsraad


Die volgende twee mosies is aanvaar tydens die laaste sessie by die Bondsraad op 16 September 2022:

 

Die eerste mosie is deur die Dagbestuur van die Nasionale Raad voorgehou en is na wysigings aanvaar:

 

______

 

Mosie 1 vir Bondsraad: Soos voorgehou deur die dagbestuur van die NR

Nasionale Raad: Werkswyse en mandaat

 

Dat die Bondsraad die Nasionale Raad versoek om aandag te gee aan die moontlike omvorming van die Nasionale Raad wat tans op ‘n geografiese grondslag verkies word, na ‘n Uitvoerende Raad wat byvoorbeeld op ‘n funksionele grondslag verkies word.

 

Gewysigde mosie soos by die Bondsraad voorgehou en aanvaar:

Amendement voorgestel deur Brs Eugene Kruger en Johann van der Walt (Regskommissie)

 

Die mosie sal nou deur die Nasionale Raad verder oorweeg word. Daar is reeds moontlike voorstelle in die verband wat nou verder ontwikkel sal word en sal provinsiale besture ook in die verband gekonsulteer word.

 

______

 

 

Mosie 2 vir Bondsraad deur Afdeling Bethlehem

Bestuur van Ramp- en Noodtoestande

Die Bondsraad versoek afdelings om aktief betrokke te raak by die vestiging en instandhouding van effektiewe plaaslike Rampbestuursplanne in ooreenstemming met toepaslike wetgewing wat betrekking het op munisipale-, provinsiale en nasionale owerhede.

 AGTERGROND EN MOTIVERING:

  1. Die politieke onstabiliteit, die bedreigde RET-groep, faksiegevegte in die ANC om staanplekke langs die krip, werkloosheid aangevuur deur populistiese en opruiende uitsprake deur onpatriotiese elemente in die openbaar en op sosiale media skep toenemend die atmosfeer vir rampspoedige gebeure soos in Julie 2021 in Natal. Daar is genoeg aanduidings dat soortgelyke georkestreerde anargie ook daar en elders herhaal kan word.
  2. Die onlangse vloede in Natal en soortgelyke natuurrampe het getoon dat gemeenskappe nie voldoende voorbereid was nie. Krisisbestuur is aan die orde van die dag in plaas van vooruitbeplanning en paraatheid.
  3. Rampbestuursplanne van munisipaliteite (indien dit wel bestaan!) is heeltemal ontoereikend en onprakties terwyl dit nie in stand gehou word nie.

RIGLYNE:

  1. Maak seker dat ‘n rampbestuursplan wel in die plaaslike munisipaliteit as ‘n beleidstuk aanvaar is.
  2. Kry dit in die hande en toets dit aan die hand van wetgewing en moontlike scenario’s wat kan ontstaan.
  3. Kontroleer of daar ‘n behoorlike saamgestelde bestuurstruktuur en bevoegde leiding bestaan.
  4. Maak seker dat alle tersaaklike rolspelers bevoegd en aan boord is.
  5. Maak seker dat scenariobeplanning ingeoefen word.
  6. Maak seker dat die gemeenskap behoorlik ingelig gehou word.


Lede en afdelings wat kundigheid het oor ‘n rampbestuursplan of spesifieke riglyne het oor evaluering word genooi om insette deur te stuur na kommentaar@abond.co.za wat wyer gesirkuleer kan word.

 

______

 

 

Fondse vir instandhouding van die VTM:

Ons het tydens die Bondsraad wat op 165 en 16 September 2022 by die Voortrekkermonument gehou ʼn fondsinsamelingsaksie gehou. Op die ingewing van die oomblik is ʼn versoek deur lede aanvaar om fondse in te samel vir instandhouding by die Voortrekkermonument. Daar is besluit om ʼn bottel 2018 Eeufeesport (Die laaste bottel by Die Eike) te skenk aan die persoon of persone wat die meeste skenk. Ons het ook die AB se Geskiedenis deur prof, Ernst Stals beskikbaar gestel vir die doel.

 

Na afloop van die Bondsraad het ons alles aan ons kant gerekonsilieer en was dit aangenaam om aan die Voortrekkermonument te bevestig dat ʼn finale bedrag van R14 200 bewillig is deur lede tydens die Bondsraad, vir die bogenoemde aksie. Die gelde is reeds oorbetaal aan die Voortrekkermonument vir instandhouding.

 

Dankie aan alle lede wat ʼn bydrae gelewer het. U kan die Voortrekkermonument se brief van dank lees by die volgende skakel. (Volg die skakel) 


______

 

 Lede het op 6 Oktober 2022 ʼn individuele skrywe ontvang oor die 2 Besprekingsdokumente wat u gerees kan lees, en waarin Afdelings genooi word om kommentaar te lewer. Hierdie dokumente is ook onlangs by die Bondsraad gesirkuleer. Beide dokumente kan by die volgende skakel afgelaai of aanlyn gelees word.  (Volg die skakel)

https://www.afrikanerbond.co.za/besprekingsdokumente-na-bondsraad-2022

 

Eerste Besprekingsdokument:

- Koalisiepolitiek in Suid-Afrika – die kuns van die (on)moontlike? Deur prof André Duvenhage. 

 

Koalisiepolitiek is nou onlosmaaklik deel van die Suid-Afrikaanse politieke landskap en sal al meer op die agenda wees op die pad na die 2024 algemene verkiesing. Beide mev. Helen Zille van die DA en dr. Corné Mulder van die Vryheidsfront Plus het bepaalde perspektiewe met ons gedeel by die Bondsraad. Kyk gerus na die besprekinge by die volgende skakel. (koalisiegesprek) 



Tweede besprekingsdokument 

- Ekonomiese Kwelpunte deur prof. Jannie Rossouw     

Het Suid-Afrika meer en nuwe ekonomiese groeiplanne nodig; moet huidige planne afgestof word; of is die privaatsektor veerkragtig genoeg om sonder ‘n meesterplan, maar ook sonder inmenging van die regering tot ekonomiese groei by te dra?

 

Lees gerus die dokumente en lewer kommentaar.

Lewer gerus kommentaar op die artikel

Deel met ander belangstellendes

Volg die Afrikanerbond op Facebook

Share by: