Interessante taalwenke - Wladimir Poetin of Vladimir Putin (ʼn Taalwenk)
(Ons plaas graag die volgende met volle erkenning aan die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)
Die skryfwyse van die name van buitelanders lok dikwels fel kritiek van die taalgemeenskap uit omdat hulle meen dat dit "verkeerd" gespel word, of dat Afrikaanse taalkundiges behep is met die verafrikaansing van name. Daar is egter 'n logiese verduideliking aan dié proses: Die name wat ons so verafrikaans, kom oorspronklik uit 'n taal met 'n ander skrifstelsel as die een wat ons gebruik.
Mense dink byvoorbeeld Wladimir Poetin se naam moet *Vladimir Putin* geskryf word, want hulle het in die Engelse media dié skryfwyse gesien. Die meeste Afrikaanssprekendes vergeet dat hy 'n Rus is en dat sy naam eintlik in die Cyrilliese alfabet geskryf word. Hy is dus nie *Poetin* of * Putin* nie, hy is eintlik *Путин*, en al die ander spelwyses in die Romeinse alfabet is transliterasies, nie vertalings nie.
Oor die aantyging van taalbeheptheid: Die spelwyse *Vladimir Putin* is ʼn transliterasie volgens Engelse spellingbeginsels. Die spelwyse *Wladimir Poetin* is ʼn transliterasie volgens Afrikaanse spellingbeginsels. Agter in die Afrikaanse woordelys en spelreëls is daar ʼn transliterasietabel waarvolgens transliterasie uit Cyrillies na Afrikaans gedoen word, en gebruikers kan dus met die grootste vrymoedigheid *Wladimir Poetin* aanvaar as die Afrikaanse transliterasie van die Russiese naam.
Oor VivA
Die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) is 'n navorsingsinstituut en diensverskaffer vir Afrikaans in digitale kontekste en is 'n geregistreerde maatskappy sonder winsoogmerk.
VivA se hoofdoelstellings is om die gebruik en gehalte van Afrikaans plaaslik en internasionaal uit te bou deur:
Die oprigting van VivA spruit voort uit die oorspronklike inisiatief van die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, in samewerking en oorleg met die Noordwes-Universiteit, die Universiteit van Stellenbosch en die Nederlandse Taalportaal (onder bestuur van die Meertens Instituut).
Dankie vir u reaksie
Daar was 'n fout met die instuur van u boodskap
Adres