Onderweg na koalisies - Aanbieding deur Prof. Theo Venter
p Saterdag 30 September 2023 was prof. Theo Venter, professor in praktyk aan die Universiteit van Johannesburg, ‘n gasspreker by die gebiedsbyeenkoms van Gauteng-Suid in Randburg. Prof Venter het gepraat oor die tema van koalisies tussen politieke partye vir die 2024-verkiesing en het die algemene stand van die politiek ontleed. Onderstaande is ʼn kort samevatting van sy aanbieding:
Ter agtergrond is verwys na die demokrasie sedert 1994 waarin ons voor 1994 die wenner neem alles stelsel gehad het. Dit het uiteraard gelei tot groot polarisasie want daar was wenners en daar was verloorders. Na 1994 in die huidige grondwetlike bestel is dit vervang met die proporsionele stelsel. Daar is reeds met die aanvaarding van die stelsel geweet dat die uitkoms kon lei tot koalisies tussen partye. As ons dus die politiek evalueer kan ons reeds die volgende afleidings maak. Groter partye skeur nie sommer nie. Groepe breek weg uit groot partye. Kyk ook na die tendense van partye wat wegbreek en nie meer bestaan nie, of nie meer relevant is nie. So het ander partye weer rondom individue gevorm.
Vandag kan ontleders en waarnemers maklik getipeer word as te negatief die sogenaamde (donkerkykers) teenoor diegene wat positief kyk as die ligterkykers. Ons kan meganisties kyk na die toekoms en sê wat is reg en wat is verkeerd. Dit is egter ʼn fout om die toekoms so te bepaal aangesien die toekoms baie meer genuanseerd is. Daar moet dus na die konteks en die groter prentjie gekyk word en daaruit kan tendense gehaal word.
Koalisies se sukses is in die soeke na gedeelde of oorvleuelende waardes. Die verskille word gebêre. ʼn Diep onderlinge spanning kan nie die basis bou op waardes wat vervreem nie ook nie op dit waarteen ʼn koalisie verenig nie. Daardie gedeelde waardes waaroor ʼn koalisie saamstem, word aanvanklik gebou op die persepsies van individue. As daardie persepsies saamgevoeg word in ʼn kollektiewe patroon, word dit ʼn ideologie.
In die evaluering van party stelsels in ʼn internasionale konteks kan daar losweg van die party/staat stelsel aan die een kant gepraat word en die party stelsel aan die ander kant. Die party-staat stelsel is oorwegend ʼn nie-kompeterende stelsel, wat neig na eenpartystelsel en kan totalitêr, outoritêr en onderdrukkend wees. Dit neig al meer na sentralisering. Die meer kompeterende stelsels in partystelsels het ʼn dominante party, soms twee dominante partye maar dikwels gematigde veelpartystelsels. Koalisies word deel van ʼn meer kompeterende stelsel in die middelgrond. In die middelgrond of die stille meerderheid is daar gewoonlik ʼn hoë uitkoms van kiesers tydens verkiesings. Die ANC is deel van ʼn predominante party stelsel wat alles wil beheer. Ons partystelsel is dus vloeibaar en sal in die 2024 verkiesing dalk meer neig na die kompeterende stelsel.
Ons is nou onderweg na die 2024 verkiesing in die volgende jaar. Daar is paar faktore in spel:
As die somme vir die 2024 verkiesing gemaak word kan dit die volgende uitkomste hê:
Vir ʼn positiewe scenario kan die ANC in die vertrekpunt by verstek reken op 30% steun in die landelike omgewings. Saam met die kleiner partye soos PA (1%) Good(1%) en ander kleiner groeperinge (2%) kan die ANC 53% behaal – In die geval is die EFF nie nodig nie.
Die verwagte uitkoms is egter veel nader aan ʼn ANC wat 50% bereik saam met die kleiner partye. Dit plaas die EFF nog nie in spel nie. Daar is al groter tekens van spanning tussen die EFF en die ANC. Op die stadium is die beste uitkoms vir die Veelparty Handves met 45% steun. DA (25%), Action SA (5%) , IVP (7%), VF Plus (3%) en die ander (3%). Die realistiese scenario is egter dat die Veelpartyhandves groep nader aan 36% sal kry.
Die groot vraag is of kiesers kan wegbeweeg van stem vir een groot party om ʼn ander party te steun en of die wegblystem eerder al groter gaan word. Die tendens is as jy nie vir die ANC stem nie – bly dan eerder by die huis!
Wat weet ons is besig om te gebeur
Op ʼn vraag na die aanbieding oor ʼn “Grand Coalition’ ʼn groot koalisie met twee groot partye in die geval die ANC en die DA wat saamwerk na 2024 het Prof Venter soos volg geantwoord: Dit is wel so dat in die spektrum daar individue by beide die ANC en die DA is wat aanklank vind bymekaar. Die realiteit is egter dat die ANC en die DA twee uiteenlopende ideologieë onderskryf en dit sal samewerking bemoeilik.
Dankie vir u reaksie
Daar was 'n fout met die instuur van u boodskap
Adres