Vaardighede as 'n diens
Deur Andries Domburg
Lid van die Nasionale Raad se dagbestuur
Die wêreld van werk is besig om vinnig te verander. Hierdie verandering van baie belangrike patrone is nie onmiddellik sigbaar nie.
Die Harvard arbeidsekonoom, Lawrence Katz, wys daarop dat ‘n belangrike patroonverandering tans onderstreep word deur die feit dat voltydse werke nou vinnig vervang word deur 'n verskeidenheid van alternatiewe werksformate.
Nie net dit nie, maar in sommige maatskappye, soos Google, oorskry die aantal tydelike werkers die getal voltydse werknemers. Dit gee aanleiding gee tot 'n "skaduwee" of minder sigbare werksmag.
Die sigbare tendens is niks kort van 'n massiewe ontwrigting van beroepe/werksgeleenthede nie.
In die middel van hierdie ontwrigting is die fragmentering (fractioning) van werk as die bepalende formaat van die beroep/werk/werksgeleentheid.
In werklikheid word elke werk, van 'n lae-geskoolde tot professionele beroepe en bestuursposte, blootgestel aan fragmentering. - insluitende Uitvoerende Bestuursposte.
Dit is soortgelyk aan die ontwrigting van musiek wat Apple gebring het met die bekendstelling van iTunes.
Vaardighede-as-‘n-Diens (VA’nD)
Maatskappye soek mense wat groot werk kan doen, goed met ander kan saamwerk, besigheidsresultate kan produseer en 'n sterk waarde kan skep/toevoeg. Dit is waar, ongeag tot die werkformaat wat hulle gebruik.
Die manier om hierdie mense te vind, is deur die gebruik van 'eerlikheid seine' wat voorspel, effektiwiteit uitstraal, watter werk 'n mens kan doen en hoe goed sy/hy die werk sal doen.
Vaardighede, as die uiteindelike eerlikheid seine, is kragtige voorspellers/aanduiders van prestasie en produktiwiteit,.
Dit is die nuwe eenheid van waarde en lê ten gronde van vaardigheid-as-‘n-Diens. (In dieselfde asem het besigheid begin besef dat ou skool 'kwalifikasies' nie noodwendig ooreenstem met werksprestasie en waarde skepping nie – dit is dus nie ‘n waarborg nie).
Die toenemende vraag na vaardigheidseine is die voorbok van die nuwe arbeidsmark.
In hierdie nuwe mark, is werk besig om ‘n diens aan mense te word waar mense vaardighede lewer. Vaardighede-as-'n-diens (die nuwe VA’nD) is besig om die nuwe transaksie paradigma te word.
Supervaardighede en Mikrovaardighede is die nuwe geldeenheid
Die vaardighede-as-'n-diens paradigma word bedryf op die basis van twee tipes vaardighede:
Supervaardighede is die basiese "elemente" wat 'n persoon se unieke "bedryfstelsel" uitmaak. Dit sluit in denke vaardighede, sosiale vaardighede, innovasie vaardighede, kommunikasievaardighede, 'kry dinge gedoen' vaardighede, leervaardighede, leierskap vaardighede, en nog baie meer.
Mikrovaardighede is die "programme" wat die persoon "loop" (of kan bedryf) op hul unieke "bedryfstelsel." Dit is die praktiese dinge wat 'n persoon goed kan doen (of leer om te doen). Mikrovaardighede sluit grafiese ontwerp, sagteware-ontwikkeling, finansiële modellering, ekwiteitshandel, projekbestuur, onderneming verkope, produkontwikkeling, QA toets, skool onderrig, joernalistieke skryf, marknavorsing, Stedelike Beplanning, en nog baie meer.
Wat beteken vaardighede-as-‘n-diens vir jou?
Of jy nou 'n student, 'n werksoeker, 'n vaardigheidsverskaffers, 'n Universiteit, of 'n besigheid is, voorbereiding vir die toekoms van die werk beteken dat jy jou vaardigheidstrategie moet/wil ontwikkel.
Ten minste moet hierdie strategie fokus op die volgende vier dimensies:
Hoe kan jy as Entrepreneur hierdie verandering in werksaanslag tot jou voordeel inspan?
As entrepreneur poog jy voortdurend om die gapings/behoeftes in die mark te ontdek en raak te sien. Jy poog ook om jou denke sodanig te orden dat jy hierdie behoeftes kan aanspreek. Jy poog ook om oplossings vir die behoeftes te vind. Jy poog ook om hierdie oplossings met werklikhede en die gevolglike werksgeleenthede in kontak te bring – werkskepping.
Onthou: Wanneer twee persone, met gelyke kwalifikasies, gevra word om ’n projek te voltooi, sal dat altyd die persoon met meerdere vaardighede wees wat aangestel word om dit te doen.
Uit voorafgaande is dit dus belangrik om (hierdie is ‘n vaardigheid op sigself):
Mag hierdie kort stukkie inspirasie die pad vir jou sigbaar maak. “Jy hoef nie die trok te besit om die vrag te skuif nie”
Dankie vir u reaksie
Daar was 'n fout met die instuur van u boodskap
Adres