Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com

Maandelikse Nuusbrief van die Afrikanerbond

           Oktober 2021

 VELDTOGBESTUURDER; DIE AFRIKANERBOND


Aansoeke word ingewag vir ʼn jong Afrikaner wat aangestel sal word by die Afrikanerbond se hoofkantoor by Die Eike in Randburg. Die ideale posbekleër is 'n jong, energieke Afrikaanse man of vrou, wat oor 'n gepaste nagraadse kwalifikasie en ervaring beskik.


Ons wil met die aanstelling graag voldoen aan die behoefte aan ʼn ondersteunende sosiale media-veldtogbestuurder en navorser/skrywer wat ingelig en met insig kan skryf rondom die Afrikanerbond se fokusareas naamlik Onderwys, Regstellende Aksie/Diskriminasie, Misdaad, Landbou en Grondsake, Afrikanerstandpunte en groepsbelange en Afrikaans en om sodoende potensiële lede vir die Afrikanerbond te werf."

 

Die pos van die veldtogbestuurder omvat ‘n verskeidenheid van pligte waaronder of insluitende die volgende: 


  • Om kwessiegedrewe sake te identifiseer en effektiewe veldtogte van stapel te stuur.
  • Die instandhouding en veral die uitbreiding van die digitale sosiale media voetspoor van die Afrikanerbond.
  • Genereer artikels vir die gereelde nuusbriewe wat die AB sirkuleer en herlei insigte ook uit ander bronne.
  • Doen navorsing oor die uitdagings vir Afrikaners, soos die stryd teen diskriminerende wetgewing en die noodsaak om taal, geskiedskrywing en eiendomsreg te handhaaf.
  • Die interpretasie en skryf van taalvaardige standpunte, oor aktuele kwessies.
  • Die bevordering van die geskiedenis en regte van Afrikaners. 
  • Die handhawing van hegte samewerking met ander toonaangewende instellings in die kultuurhuishouding

 

Belangstellendes, kan voor of op 15 Oktober 2021 'n aansoek met 'n lewenskets rig aan janbosman@abond.co.za vir die aandag van Die Hoofsekretaris, Afrikanerbond, Die Eike. Navrae kan gerig word aan Jan Bosman by 011 782 8569 - Lede word versoek om die pos en die inhoud van die pos aan moontlike belangstellendes of potensiële kandidate te sirkuleer. 

Deel met ander belangstellendes

Volg die Afrikanerbond op Facebook

Share by: