Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com

Maandelikse Nuusbrief van die Afrikanerbond

           November 2021

Verjaarsdagwense terugvoer

 

Ons afgetrede lede ontvang jaarliks ʼn brief van Die Eike om hulle geluk te wens met hulle verjaarsdag en van die provinsies doen dit ook op gereelde basis. Die Wes-Kaap Gebied 1 se Nico Burger het onlangs die oud-administrateur Br Kobus Meiring gelukgewens met sy 85e verjaarsdag op 9 November 2021. 

 

Onderstaande reaksie vanaf Br Kobus Meiring

 

Baie dankie vir jou goeie wense met my verjaarsdag eersdaags! Dit is moeilik om te glo dat ek al SO oud kan wees! Ek was altyd die jongste ---op skool, op Universiteit, selfs voor die kansel! En nou is ek een van die oudstes. Maar wat `n voorreg om alles nog te mag geniet en te waardeer. Ek was bevoorreg om in die middel sestigs in die Paarl aan huis van die bekende argitek, oom Wynand Louw, ingestel te word---en dit nogal deur my Pa, dr JG Meiring. Baie jare later het my Pa by Huis Vergenoegd in die Paarl afgetree en was ons saam in een afdeling, Di Patriot.

 

Nou is ek die enigste oorlewende oud -Administrateur in die land en weet die jonger geslagte in elk geval glad nie meer wat `n Administrateur was nie.

 

Dit was `n groot voorreg om aan die AB te behoort en alhoewel ek uit die aard van die saak rustend is, volg ek met groot belangstelling wat aangaan. Ek het altyd gedink dat die AB selfs meer gedoen het as die vorige Regering om by `n nuwe bedeling uit te kom en nieteenstaande al die probleme van vandag het ons soveel om dankbaar voor te wees!

 

My vrou en ek is bevoorreg om hier in Seepunt op die kus te mag woon en geniet ons aftrede.


Met my beste wense

 

Kobus Meiring 

Deel met ander belangstellendes

Volg die Afrikanerbond op Facebook

Share by: