Verkiesing 2024 Registrasie - want elke stem tel
Volgens Netwerk24 het die Onafhanklike Verkiesingskommissie na die laaste registrasienaweek soos volg bevestig: "Na die eerste registrasienaweek, wat op 18 en 19 November 2023 gehou is, is daar 26,8 miljoen keisers op die keiserslys, met 568 374 van hulle wat in hierdie tyd vir die eerste keer geregistreer het."
In die huidige bedeling is dit uiters belangrik dat elke burger van Suid Afrika moet registreer om te kan stem in die komende algemene verkiesing wat in 2024 sal plaasvind. Daar is heelwat aspekte wat die kiesers van Suid Afrika ongelukkig maak en in ʼn sekere mate moedeloos laat voel. Deur te registreer as kieser en ʼn stem uit te bring is daar deelname aan demokrasie. ʼn Positiewe kieser kan rigting bepaal vir die waardes, standaarde en norme wat vir Suid Afrika van groot belang is.
Die 2024 verkiesing is verder van groot belang aangesien onafhanklike kandidate vir die eerste keer in nasionale en provinsiale verkiesings sal kan meeding.
Intussen is daar meer verwikkelinge op die partypolitieke front met koalisies en samewerkingsooreenkomste wat vorm aanneem. Hierbenewens word burgerlike koalisies ook gevorm en moet dit verwelkom word, aangesien hulle sal werk om projekte voor, tydens en na die 2024-verkiesing te identifiseer en uit te voer wat kiesersregistrasie, kiesersopvoeding, OVK en verkiesingsmonitering insluit.
Die termyne van die huidige wetgewers – nasionaal sowel as provinsiaal eindig omstreeks 18 Mei 2024. Die nasionale en provinsiale regerings sal egter in hul amp bly totdat die nuutverkose openbare verteenwoordigers die amp kan aanvaar. Die OVK het verlede wek met die afskop van die verkiesingsveldtog gesê ingevolge die Grondwet moet die land 'n verkiesing hê binne 90 dae na die verstryking van die wetgewers se bepalings. “Daarom is ’n verkiesing moontlik tussen Mei en middel Augustus 2024.”
Belangrike datums:
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie gaan weer stemlokale vir die naweek van 3-4 Februarie 2024 oopmaak om nuwe kiesers te registreer maar ook om bestaande kiesers te verifieer.
Vir kiesers in die buiteland is die registrasiedatums bevestig as 26/27 of 27/28 Januarie 2024 by 120 Suid-Afrikaanse missies in die buiteland. Die datums moet egter bevestig word met die betrokke missie. Stemgeregtigdes in die buiteland kan nou ook aanlyn registreer by die volgende skakel:
https://online.elections.org.za/voterportal
Volg die skakel om registrasie te bevestig. https://www.elections.org.za/pw/Voter/Voter-Information
Stuur SMS met ID Nommer na 32810 (R1 per sms)
Laai die IEC verkiesing app af by Google Play of die Apple se App Store
Kieserstatistiek
Soos op 11 Desember 2023 is daar 26 911 107 geregistreerde kiesers
55.28% Vroulik
44.72% Manlik
Demografie van geregistreerde kiesers in ouderdom en geslag (OVK) | |||
---|---|---|---|
Geslag | Persentasie | Kiesers | |
Ouderdomsgroep (18-19) | Manlik | 0.69% | 185,882 |
Vroulik | 0.90% | 241,766 | |
Ouderdomsgroep (20-29) | Manlik | 6.87% | 1,848,428 |
Vroulik | 8.36% | 2,248,712 | |
Ouderdomsgroep (30-39) | Manlik | 11.56% | 3,112,170 |
Vroulik | 13.44% | 3,616,411 | |
Ouderdomsgroep (40-49) | Manlik | 10.45% | 2,811,500 |
Vroulik | 11.52% | 3,101,145 | |
Ouderdomsgroep (50-59) | Manlik | 7.52% | 2,022,918 |
Vroulik | 9.22% | 2,480,202 | |
Ouderdomsgroep (60-69) | Manlik | 4.79% | 1,287,740 |
Vroulik | 6.58% | 1,769,504 | |
Ouderdomsgroep (70-79) | Manlik | 2.10% | 565,205 |
Vroulik | 3.43% | 922,898 | |
Ouderdomsgroep (80+) | Manlik | 0.74% | 200,373 |
Vroulik | 1.84% | 496,253 |
Dankie vir u reaksie
Daar was 'n fout met die instuur van u boodskap
Adres