Die burgerlike gemeenskap en die 2024 verkiesing
Op 8 Mei 2025 vier Afrikaans sy honderdjarige bestaan as ampteDaar is tans ‘n hernude oplewing in burgerlike organisasies wat ten doel het om die burgerlike samelewing te mobiliseer met die doel om die politieke landskap te verander. Oorkoepelende netwerk organisasies soos Convergence4SA, Defending our Democracy, The Interfaith Forum en SA Peoples Convention is aktief besig om uiteenlopende kulturele, rasse- ideologiese en godsdienstig instellings se kragte, invloed en netwerke saam te snoer. Die Afrikanerbond is verlede jaar genooi om deel te word van Convergence4SA wat onder andere deur dr Theuns Eloff en Mbali Ntuli gefasiliteer word. Tydens die eerste gesprek in Oktober was meer as twintig organisasies teenwoordig en sluit in die Solidariteit beweging, Kaapse Forum, Rivonia Circle, Die Afrikanerbond, Wes-Kaap Raad van Kerke, die NK Kerk, OUTA Groundwork Collective, NEASA en vele meer in.
Die deelnemende organisasies van Convergence4SA (C4SA) het weer 'n een-dag-strategie-sessie in Desember 2023 buite Stellenbosch gehou. Hierdie werkswinkel het gefokus op die finalisering van die waardes, visie, missie en strategie van die netwerk. Alvorens dit gefinaliseer kon word moes ons eers die vraag aanspreek oor die soort burgerlike samelewing en land wat ons na die 2024-verkiesing wil hê. Daar was instemming dat "... ten einde die samestelling van die nasie te verander, moet die DNS van die stelsel eers verander – wat die grootste uitdaging vir enige leierskap is." Die C4SA-netwerk het daarom saamgestem dat die nodige kultuurverandering gebaseer moet wees op die volgende drie waardes, met sy samestellende elemente:
1. Etiese bestuur, wat insluit:
1.1 Etiese gedrag deur almal in leierskapsposisies - sowel as in die breër samelewing;
1.2 Nakoming van die Grondwet en die Regstaat
1.3 Meriete en bevoegdheid as die basis vir alle aanstellings
1.4 Verantwoording deur almal in enige leierskapsposisie, insluitend die aanvaarding van gevolge vir enige optrede of die gebrek daaraan.
2 Aanvaarding van diversiteit, wat insluit:
2.1 Respek vir lewe en menswaardigheid
2.2 Maatskaplike samehorigheid en versoening
2.3 Gelykheid en geen diskriminasie nie
3. Dienende leierskap, wat insluit dat alle leiers in die politieke en burgerlike samelewing billike en regverdige sorg en belangstelling vir alle burgers moet kweek en demonstreer, elke uur, elke dag, elke jaar (24/7, 365)
As 'n burgerlike samelewingsnetwerk is die visie en missie van C4SA om die burgerlike samelewing se rol in die bevordering van demokrasie en grondwetlikheid te verstewig en te verbeter. Deur die stem van die burgerlike samelewing te vergroot kan 'n aktiewe en ingeligte burgerskap ontwikkel word, wat kan lei tot die konsolidering en volwassenheid van die land se demokrasie.
C4SA sal na die 2024 verkiesing voortgaan met sy werk. C4SA is nie partydig nie en nie aan enige politieke party of groepering gekoppel nie. Met betrekking tot nasionale, plaaslike, politieke en gemeenskapsake neem C4SA 'n beginselvaste standpunt in. Verskillende standpunte en opinies As 'n netwerk van organisasies en deelnemers skep ons geleentheid vir verskillende opinies oor sake wat nie van 'n waardegedrewe of strategiese aard is nie.
C4SA se strategie is om te verseker dat:
In lyn met die strategie is die onmiddellike prioriteite:
C4SA het ook kennis geneem van deelnemende organisasies se vordering met spesifieke projekte.
Deur ons nuusbriewe en netwerke wil die Afrikanerbond daartoe bydrae om bewustheid te skep vir die belang van registrasie en dan veral ook die waarde van elke individu se stem.
Dankie vir u reaksie
Daar was 'n fout met die instuur van u boodskap
Adres