Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com

Maandelikse Nuusbrief van die Afrikanerbond

          November 2023

Vertellings uit die vergetelheid: Die opkoms en val van Bophuthatswana (1977 tot 1994) deur Danie Schoeman


Ons het die onderstaande inligting by Die Eike ontvang ne bring dit graag onder ons lede se aandag. 


Bophuthatswana is in sonde ontvang en gebore. In 1977 het hierdie onbenullige klein landjie met sy sewe legkaart stukke verstrooid in Suid- Afrika, ‘n Republiek geword.


Die land is nooit internasionaal erken nie en is as ongewensde produk van die verfoeilike apartheid ideologie, gebrandmerk. Tog het dit die hoop gebied dat Suid-Afrika sy heil kon vind in 'n konstellasie van state waarbinne sy ryke volkere verskeidenheid hulle eie sake op gelyke basis en volgens vrye markbeginsels kon bedryf.


Die eerste hoofstukke van hierdie manuskrip bespreek die ontstaan en geskiedenis van die Batswana. Die boek ontleed verder die ekonomie, dienslewering en politieke gebeure soos dit in die land ontwikkel en ontplooi het. Opsommend het Bophuthatswana die meerderheid van Afrikastate die loef afgesteek wat betref ekonomiese groei, infrastruktuur, en per capita-inkomste. Die markekonomie het floreer, onderwys en opleiding het met rasse skrede verbeter en inwoners het 'n unieke trots en waardigheid ontwikkel. Bowenal was die land een waar rasseharmonie geheers het. Foute is egter ook gemaak wat die land en sy mense duur te staan gekom het.


 Die manuskrip sluit af met 'n bespreking van die gebeure by KODESA, die onderhandelings wat begin het nadat Pres. F W de Klerk vir Nelson Mandela in 1990 vrygelaat het. Bophuthatswana is hier ter wille van magshebsug en sosialistiese oorweginge gerieflik opgeoffer en tot stilswye gedwing. Nes apartheid het dit 17 jaar later 'n dood gesterf wat allerweë as onvermydelik en verdiend bestempel is. Wat kan ons hieruit leer?

 

Bestel die boek by Naledi - 

 tertia@naledi.co.za  of https://naledi.co.za/product/vertellings-uit-die-vergetelheid/

 __________________

Danie Schoeman het sy skool jare op Rhodes en Barkly-Oos voltooi. Hy behaal Bsc-Landbou en MBA op Stellenbosch. In 1973 aanvaar hy diens by die Buro vir Ekonomiese Navorsing, Samewerking en Ontwikkeling in Pretoria en kwalifiseer nagraads in ontwikkelingsekonomie. In 1977 word hy as ekonomiese adviseur vir President Mangope aangestel. Sy loopbaan maak draaie in Suid-Wes Afrika, die Ontwikkelingsbank van Suider Afrika en NAMPO voordat hy weer in Bophuthatswana by onderhandelinge vir die Nuwe Suid Afrika betrek word. Hy tree op 31 Augustus 2014 af, woon in Somerset-wes, is getroud en het 8 kleinkinders.

Lewer gerus kommentaar op die artikel

Deel met ander belangstellendes

Volg die Afrikanerbond op Facebook

Share by: