Ons Vrijheidsverhaal: Interaktiewe gids van die Voortrekkermonument
Die Voortrekkermonument is al sedert 1949 vir alle geskiedenisliefhebbers ‘n plek waar hulle kan tuisvoel en meer leer oor die Afrikanergeskiedenis.
’n Nuwe gids is verlede maand bekendgestel waarin die leser op ’n kulturele reis deur die Voortrekkermonumentterrein kan gaan; van die Groot Trek tot by ons splinternuwe Vrijheidsreis-uitstalling.
Dit is ook die eerste keer dat so ’n volledige gids nie net in vier Suid-Afrikaanse tale vertaal is nie, maar in agt tale! So word die storie wat ons vertel nie net toeganklik en eie vir Suid-Afrikaners nie, maar kan ook vir internasionale besoekers van waarde wees.
Honderde voorwerpe, besienswaardighede, artefakte en uitstallings op die monumentterrein word in hierdie gids saamgevat in meer as ‘n duisend pragfoto’s en interessante feite oor die Voortrekkermonument.
Dié gids neem die leser op ’n interaktiewe reis, met onder meer QR-kodes wat besoekers in staat stel om na videobeeldmateriaal te kyk en na klanke te luister terwyl hulle deur die monument stap.
Die Gelofte, wat ons so gewoond is om slegs in Afrikaans of Nederlands te sien en hoor, is ook vir die eerste keer in die geskiedenis van die Voortrekkermonument in soveel tale vertaal. Met behulp van dié gidse, kan die kern van die Afrikaner se storie, ons storie van hoop en geloof in God, internasionaal verkondig word en gedeel word met besoekers wat graag die storie van die Afrikaner wil verstaan.
Met jou gids in die hand, is daar nie meer enige geheime van die voorwerpe, monument, argitektuur, simboliek of geskiedenis wat nie vir jou ontbloot sal wees nie.
Vir dié wat nog nie so vertroud is met die geskiedenis nie, is die oorhoofse storie breedvoerig daargestel om ’n goeie idee van die prentjie te kry. Vir ander is die besonderhede nou weer belangrik en is die “dieper delf”-afdeling van die gids presies waarvoor hulle nog altyd gewag het!
๐๐ฆ ๐ฃ๐จ๐ฎ ๐ฎ๐ข๐ญ๐ ๐๐ฐ๐ ๐ญ๐ ๐๐๐ฌ๐ญ๐๐ฅ, ๐ค๐จ๐ง๐ญ๐๐ค ๐ฏ๐ข๐ซ ๐๐ง๐ข๐ญ๐ ๐๐ฎฬ๐ฉ๐ฉ๐๐ซ ๐๐ฒ ๐๐ง๐ข๐ญ๐@๐ค๐ฎ๐ฅ๐ญ๐ฎ๐ฎ๐ซ๐ญ๐ฎ๐ข๐ฌ๐ญ๐.๐จ๐ซ๐ .๐ณ๐ ๐จ๐ ๐๐๐ฌ๐จ๐๐ค ๐จ๐ง๐ฌ by die Voortrekkermonument ๐๐ง ๐ค๐ซ๐ฒ ๐ฃ๐จ๐ฎ ๐ค๐จ๐ฉ๐ข๐ ๐๐ฒ ๐จ๐ง๐ญ๐ฏ๐๐ง๐ ๐ฌ ๐ญ๐๐๐ง ๐ฌ๐ฅ๐๐ ๐ฌ ๐๐๐๐ ๐ฉ๐๐ซ ๐ ๐ข๐๐ฌ!
Dankie vir u reaksie
Daar was 'n fout met die instuur van u boodskap
Adres