Onder is die omvattende kommentaar van die Afrikanerbond op die voorgestelde Vuurwapenbeheerwet (sien onder) wat op Vrydag 19 Mei 2021 in die Staatskoerant gepubliseer is. Ons kommentaar is ingedien en ontvangs is ook erken. Dankie vir al die kommentare en insette wat ons ontvang het.
Druk op skakel bo en vergroot die wetsontwerp om dit maklik te lees.
Keer die onteiening van vuurwapens - Lewer kommentaar onder
Die voorgestelde wysigings aan die Vuurwapenbeheerwet wat Vrydag 19 Mei in die Staatskoerant vir kommentaar gepubliseer is, bepaal dat die behoefte om jouself te verdedig glad nie meer aangevoer kan word as rede waarom jy ’n vuurwapen wil besit nie. Onder is die skakel na die wetsontwerp. Die Afrikanerbond gaan self formeel kommentaar lewer.
Lees meer oor die besprekinge oor die Vuurwapenbeheerwet van die Ad Hoc Groep vir die Beskerming van Eiendomsregte wat op 23 Junie 2021 plaasgevind het - Volg die skakel
Dit is egter duidelik dat hierdie stap saam met die selfgeskepte onbevoegdheid rondom die Sentrale Vuurwapenregister en die agterstand in die uitreiking van vuurwapen lisensies, gesien moet word as nog pogings tot die totale ontwapening van Suid-Afrikaanse burgers. Doen jou deel. Lewer kommentaar direk of stuur jou kommentaar vir die Afrikanerbond vir oorweging. Openbare kommentaar moet ingedien word voor of op 2 Augustus 2021 (Datum is verleng na vertoë deur verskeie organisasies)
Enigiemand wat kommentaar wil lewer word versoek om kommentaar te stuur na:
E-pos: comments.fcabill@csp.gov.za of kyk na die volgende kontakte
http://www.policesecretariat.gov.za/contacts.php
Secretary for Police Service
For attention of Mr M Ntwana
Private Bag X922
PRETORIA 0001
Per hand ingedien by die Burgerlike Sekretariaat vir die Polisiediens
Van Erkom-gebou
Van Erkom-arkade
7de verdieping
Pretoriusstraat 217
Pretoria
Baie dankie dat u kommentaar ingestuur het. Ons gee aandag daaraan.
Groete
Die Eike
Jammer daar was 'n fout. Probeer weer
Adres