AB in dialoog - Webinaar met Waldimar Pelser - Redakteur van Rapport en aanbieder van kykNet – Verslag in Gesprek
In sy boek “In gesprek met Waldimar skryf hy in die kommentaar van 4 Oktober 2017 (In die Zuma jare)
DAAR IS HOOP
"Wanneer daardie Suid-Afrikaners wat droom van regte demokrasie, wat iemand leer lees, wat onreg en korrupsie beveg waar dit ook al voorkom - wanneer sulke mense boedel oorgee, dan is daar nie hoop nie. Dit is juis die besef dat alles nie noodwendig oukei gaan wees nie wat gewone Suid-Afrikaners tans so aanvuur om die land te red. Dis die krisisbesef wat die energie losmaak wat nodig sal wees om van koers te verander. Sodra ons bloot aanvaar dat die goeie sal oorwin, dat Jacob Zuma (2017) in Desember wonderbaarlik deur 'n goedaardige hervormer vervang sal word, dat die ANC se kultuur van geheimhouding en kaderontplooiing sommer maklik deur iets beter verplaas kan word, dan is die stryd verlore. Daar's baie goeie nuus as 'n mens weet waar om te kyk. In korporatiewe Suid-Afrika is die besef besig om oplaas pos te vat dat almal met spiere dit moet begin gebruik om arm te druk met die tsotsi's in snyerspakke wat die toekoms probeer steel. Vir die opposisie is die dringendheid van magsoorname duidelik. Moenie dink 'n ANC-nederlaag is 'n kitsoplossing nie. Dis vol onsekerheid."
Ons wil graag glo DAAR IS NOG STEEDS HOOP - Waldimar deel sy perspektiewe in ons volgende AB in dialoog webinaar
Datum: Dinsdag - 5 Oktober 2021
Tyd: 17:30
Volg die skakel vir registrasie
https://us02web.zoom.us/webinar/register/WN_pRQV0IQ2TIiPo9GPwX7yrw
Adres