Uitnodiging – ʼn Veilige en regverdige verkiesing – met Genl. Roland de Vries
11 Mei 2024 Paarl
U word hartlik uitgenooi na ʼn Veiligheidsgesprek (ʼn Veilige en regverdige verkiesing). Hierdie is 'n veiligheidsgesprek wat deur die AB Wes Kaap aangebied word. Veiligheid is 'n deelsaak - dit raak ons almal.
Genl Roland de Vries is 'n kenner op hierdie gebied en word gereken as 'n goed ingeligte militêre strateeg wat baie tydige inligting (voor die verkiesing) met ons kom deel. Ons het lank gewag om 'n gesprek met hom te voer. Hy is nou beskikbaar en ons luister graag na hom. Alle lede, vriende en familie word hartlik uitgenooi. Die tema van die gesprek is:
"'n Veilige en Regverdige Verkiesing"
Datum: Saterdag, 11 Mei 2024
Tyd: 08:30 - 11:30
Plek: Strooidakkerk kerksaal, Paarl
RSVP by Siebert Coetzee by +27(83)286 9209 of siebertcoetzee@gmail.com ] voor of op 30 April 2024
Koffie, tee, beskuit en pannekoek by aankoms is beskikbaar - diensfooi R50/persoon
Die beplande aankomstyd is ietwat vervoeg omdat genl De Vries om 12:00 terug George toe moet vertrek. Ons moet asseblief stiptelik om 08:00 begin om 10:00 klaar te maak. Om hierdie rede wil ons u vra dat ons reeds van 07:30 sal aankom om genoeg tyd te gee om 'n koffie/tee, beskuit en pannekoek te nuttig.
Groete
Andries en Siebert
Dankie vir u reaksie
Daar was 'n fout met die instuur van u boodskap
Adres