Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com

            AB  - Wetop beveliging van persoonlike inligting


Hantering van inligting - Wet op Beveiliging van Persoonlike Inligting


Die Nasionale Raad van die Afrikanerbond het al die nodige stappe geneem om aan die vereistes van die Wet op Beveiliging van Persoonlike Inligting (Wet 4 van 2013, die 'POPIA') te voldoen.  

Ingevolge ʼn besluit van die Nasionale Raad op 20 Julie 2021 bevestig ons dus opnuut deur die skrywe :

Alle persoonlike lede-inligting wat die Afrikanerbond hanteer, word uitsluitlik gebruik vir die doeleindes van: 
 (a) die bestuur van die Afrikanerbond se aktiwiteite, en 
(b) kommunikasie met die lede van die Afrikanerbond. 

Lede se persoonlike inligting of lidmaatskap word onder geen omstandighede aan enige derdeparty beskikbaar gestel, of vir enige ander doel buite die Afrikanerbond aangewend nie. Net so is die inligting nog nooit in die verlede anders hanteer nie. Dit is ook volledig in ooreenstemming met ons algemene reglement: “Lidmaatskap en alle lederegisters is vertroulik, dien slegs vir interne doeleindes en word nie na buite die Afrikanerbond bekend gemaak nie.”

Indien u gekies het om u naam as verwysing op bank-deposito's ('EFT's') ten gunste van die Afrikanerbond/ Uniespaarklub te plaas, hanteer die Afrikanerbond inligting aangaande u bydrae-geskiedenis, as deel van ons vertroulike finansiële rekords.
 
Alle finansiële inligting wat die Afrikanerbond hanteer, word uitsluitlik gebruik vir die doeleindes van die Afrikanerbond se finansiële rekord-houding. Dit word onder geen omstandighede aan enige derde party beskikbaar gestel, of vir enige ander doel aangewend nie. Net so is die inligting nog nooit in die verlede anders hanteer nie.
 
Ons kommunikeer gereeld inligting soos nuusbriewe en standpunte sowel as individuele ledegeld inligting na lede. Indien ons nie anders van u verneem nie, vertrou ons dat die reëling in orde is.  

Die Afrikanerbond het die nodige sekuriteitsidsmaatreëls in plek (beide fisies, sowel as data / elektronies) om die inligting op ons stelsel, tot 'n redelike mate te beskerm en te bewaar. 
 
In terme van die wet op Toegang tot Inligting is die Afrikanerbond se aangestelde Inligtingsbeampte die hoofsekretaris, Jan Bosman. Hy kan gekontak word op telefoon nommer 011 782 8569 of epos janbosman@abond.co.za met enige navrae.

Ons volledige beleid oor toegang tot inligting is goedgekeur en kan besigtig word op ons webwerf by: 
AB Toegang tot inligting (Volg die skakel) 

Met groete 

Dries Wiese 
Voorsitter van die Nasionale Raad 

23 Julie 2021
Share by: