Word virtueel deel van AB gesprekke oor aktuele kwessies
AB lede word genooi om deel te word van 'n toegewyde AB WhatsApp nommer wat ons beskikbaar stel.
Stoor die AB WhatsApp nommer 071 662 0721 op u foon. Stuur dan per WhatsApp ʼn boodskap met u naam en e-pos adres na die AB se WhatsApp nommer
1) U het nou deel geword van die Algemene AB WhatsApp groep. U ontvang slegs eenrigting kommunikasie vanaf Die Eike met gereelde algemene brokkies.
2) Soos verduidelik in die Maart Administratiewe omsendskrywe, het ons verskeie WhatsApp besprekingsgroepe vanuit Die Eike geskep en word AB lede genooi om aan te dui in watter gesprekke u wil betrokke raak. Ander groepe sal later geskep word.
Nadat u op die algemene groep geregistreer is as eerste stap (soos bo) kan dan u eenvoudig laat weet dat u bygevoeg wil word tot een of meer van die portefeulje gespreksgroepe in ʼn spesifieke tema:
Stuur dan net die tema/s landbou, politiek, ekonomie of veiligheid na die WhatsApp nommer en ons stuur die skakel/s. Ons hoop om ons lede se kundigheid of belangstelling ook op die wyse te betrek deur aktueel saam te gesels.
Dankie vir u reaksie
Daar was 'n fout met die instuur van u boodskap
Adres