Uitdagings en geleenthede vir Suid-Afrika:
- Afloop van Staatsrede 2023 * Afrikaners in dialoog: Gesprek met Prof Theo Venter
Hiermee ʼn uitnodiging na ons eerste AB in dialoog Webinaar vir 2023. Kom luister en gesels met Prof Theo Venter op Maandag 13 Februarie 2023 om 17:30. Die webinaar vind plaas na die staatsrede (opening van die Parlement op 9 Februarie 2023.) Die staatsrede sal hanteer word, maar ook die vele uitdagings en geleenthede in Suid-Afrika waarna elders in die nuusbrief in ʼn artikel deur Prof Venter verwys word.
Webinaar besonderhede: (Registrasie is noodsaaklik)
Lede word genooi om gaste en belangstellendes in te lig en te nooi na die webinaar – Die skakel vir die gaste se registrasie is dieselfde. Let wel alle deelnemers se registrasie en teenwoordigheid bly vertroulik.
Datum: Maandag 13 Februarie 2023
Tyd: 17:30 – 18:45
Spreker: Prof Theo Venter
Tema: Uitdagings en geleenthede vir SA: Afloop van Staatsrede 2023
Registrasie: Registreer asseblief voor 14:00 op 13 Februarie 2023 (Volg onderstaande skakel )
Meer inligting oor Prof Theo Venter:
Theo Venter is professor in praktyk aan die Universiteit van Johannesburg na sy uittrede by die NWU Besigheidskool in 2020. Hy was voorheen Spesiale Raadgewer vir twee Visekanseliers van die Noordwes Universiteit (2004-2016). Hy tree op as strategiese konsultant, fasiliteerder, politieke kommentator en analis. Hy fokus veral op die die sake- en landbousektore. Theo Venter is ook aangewys as een van die mees aangehaalde personeellede van die NWU vanaf 2013 tot 2018. In 2015 het die landbou-joernaliste hom benoem as Landboukundige van die Jaar vir die Noordwes. Hy was resident analis vir Netwerk24 gedurende die ANC se leierskapskonferensie in Desember 2017 asook die 2019 nasionale verkiesing en die 2021 plaaslike verkiesings. Saam met Theo Vorster het hulle van 2019 - 2022 televisie programme gemaak oor scenarios en besigheidsbesluite. Hy het twee meestersgrade in politieke wetenskap waarvan een in die VSA verwerf is as ‘n Fulbright student. Gedurende Augustus 2022 is hy aangewys as die voorsitter van die paneel kundiges wat ‘n Provinsiale Groei- en Ontwikkelingstrategie vir die Noordwes Provinsie moet saamstel. Hy verteenwoordig ook die alumni van die NWU op die Raad van die Universiteit.
Skakel na registrasie vir AB lede en gaste/belangstellendes:
https://us02web.zoom.us/webinar/register/WN_vyYKoZp4RGm-PmKBI8styQ VOLG SKAKEL
Registrasie ook by die QR-Kode op die bladsy
Ons sien uit daarna om u by die eerste webinaar op Maandag 13 Februarie 2023 te ontvang.
Dankie vir u reaksie
Daar was 'n fout met die instuur van u boodskap
Adres