Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com

Staat van inperking  - Boodskap van Hoop


Ons almal is op een of ander wyse vasgevang in ons eie omstandighede en onsekerhede oor die tyd waarin ons is.  
Loer dus gereeld  in op die webblad om kort inspirerende dagstukke te lees wat gereeld aan ons lede versprei word. Indien u wil inteken  op die dagstukke stuur gerus 'n e-pos na kommentaar@abond.co.za  
of volg die  onderstaande skakel onderaan die bladsy. 
Geloofsonderskeiding bring HOOP! - 7 Julie 2020  (Dag 103) 

David Coggan sê: “Christians believe in a God who speaks. Ours is not a silent God, a God who sits, sphinx-like, looking out unblinking on a world in agony... He speaks because he loves. Love always seeks to communicate” 

Die kern vraag “hoe ontdek ek, ons die wil van God?” bly steeds deur eeue heen en veral nou in ons Koronatyd, aktueel en toepaslik. Dit handel in wese oor die sinvolheid van die lewe, my lewe, ja die sinvolheid van ons menslike bestaan in die teenwoordigheid van die Drie-enige God.  

Frederick Marais sê: “Geloofsonderskeiding is ’n geloofsgewoonte of ’n manier van dink. Telkens wanneer ons oor sake nadink, die Woord lees met die doel om só weer op Christus se spoor te kom, kies ons om die kruis konkreet te maak in ons lewe.”

Dit open die moontlikheid dat gelowiges en die kerk vandag, veral in die onseker en angstige tye God persoonlik kan ervaar as die lewende en handelende God. Dat God slegs deur verhoudings kenbaar en beleefbaar is, word deur die persoonlike aard van God se verhouding met ons en die kerk al meer bevestig. Hierdie gemeenskap is gefundeer en word begrond in en deur die Vader-liefde. 

Geloofsonderskeiding is ’n geloofsgewoonte of ’n manier van dink. Om daagliks te kies om op ‘n sekere manier te lewe. Dié wyse van lewe is baie anders as die wêreld waarin ons leef.

Ek is in geloofsonderskeiding besig met die vrae oor wie God is en waarmee Hy besig is en hoe dit my lewe raak veral in die tyd van ingrendeling en onsekerheid.

Die woord onderskeiding of die Engelse woord ‘discernment’ word afgelei van die Latynse woord discernere wat dan beteken ‘om te skei’. Dit sou dan letterlik beteken om in ’n krisis situasie deur toetsing ’n onderskeid tussen goed en kwaad te maak.” Om die onderskeiding tussen reg en verkeerd, tussen ontbloot en ontdek aan te dui, word die woord krino vir regspraak gebruik in Joh.5:30 en 1 Kor.4:5. Die woord Phronesis word ook in die Nuwe Testament gebruik vir die vermoë wat iemand het om ’n saak met wysheid te oorweeg, om te bedink en dan tot ’n praktiese besluit daaroor te kom. Dit beteken in Luk.1:17 om die regte pad te vind en in Ef.1:8 om met insig te leef. Hy praat in Rom.1:34 van die “gedagtes van God”. Om so te dink is dan om by ’n spesifieke vertrekpunt, naamlik Christus te begin en dan te strewe na ’n spesifieke uitkoms naamlik die verheerliking van God Drie-enig. Dié spesifieke manier van dink word dus hier voorop gestel. 

Geloofsonderskeiding vind plaas in die aktiewe teenwoordigheid van God. Eugene Peterson stel dit soos volg: “It is God with whom we have to do. People want more. They want God.”  

God se Woord spreek ons aan in die konteks en wêreld waarin ons elke dag leef. Ek verwag dus om sodoende te ontdek waarmee God besig is in my en ons wêreld en ook om die waarheid oor God en sy koninkryk te ontdek. Die Heilige Gees help ons om in afhanklikheid en met aandag te luister, om in afhanklikheid van die Gees leerbaar te wees. Dit gaan dus hier om die soeke na die wysheid oor God en Sy Koninkryk in gemeenskap met mekaar. God is persoonlik en ons kan daarom deelneem aan sy werk en so deel word van die misterie.

In geloofsonderskeiding gaan dit ten diepste om die ontdekking van God Drie-enig se wil vir my/ons daaglikse lewe. Dit veronderstel dat ek en ons sal luister, ja ook saam sal luister en met die nodige geduld sal wag op die Here totdat die Gees my en ons oortuig om vorentoe te beweeg. 

Hoop word juis geskep deur die daaglikse kruisig van my eie belang en eer!

Jesus het vrywillig die kruisweg gekies. Deur in homself te sterf kon daar ’n hergeboorte plaasvind. Met sy versoeking in die woestyn, plaas hy sy Vader se eer en heerlikheid voorop. Talle sake soos mag, geld, eie eer, posisie, strukture, tradisie, reëls, ideologieë en wette kan so maklik die wil van die Here verberg of belemmer.

Hoop, ten spyte van die onsekerheid en twyfel van die tye waarbinne ek elke dag lewe, moet ook daagliks ontdek word deur geloofsonderskeiding! Romeine 15:13 bevestig dit want God is die BRON van alle hoop.

Dr Jan Botha
Mootvallei, Pretoria
Terug na Boodskappe van Hoop
Share by: