Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com

Staat van inperking  - Boodskap van Hoop


Ons almal is op een of ander wyse vasgevang in ons eie omstandighede en onsekerhede oor die tyd waarin ons is.  
Loer dus gereeld  in op die webblad om kort inspirerende dagstukke te lees wat gereeld aan ons lede versprei word. Indien u wil inteken  op die dagstukke stuur gerus 'n e-pos na kommentaar@abond.co.za  
of volg die  onderstaande skakel onderaan die bladsy. 
Die hoop wat nie beskaam nie - 9 Julie 2020  (Dag 105) 

Wie op die hoeke van strate staan en bid om deur die mense gesien te word, het hulle loon weg, sê die Here Jesus. Dieselfde geld ook vir die menigtes wat op straat hulle woede voor die wêreldgemeenskap uitstal. Hulle loon is slegs om gesien te word en te vind dat teleurgestelde harte eerder verhard word. Netsowel het kerkbywoning om gesien te word ’n ander loon as die bedoelde gevind; –Jesus het in die gelykenis van die ‘Ryk man en Lasarus’ (Luk.16:16-31) aangedui hoe sleg dinge verloop as ’n materialis sy loon weg het.                                                                                                     

Uit vers 31 kan ’n mens aflei dat die geloof deur “die wet en die profete” en die Heilige Gees bewerk word. (Rom:11:29,OAV) – hieraan sou die opgestane Heer niks afdoen nie en word dit duidelik waarom Hy, nie aan die geestelik verharde leierskap van sy tyd verskyn het nie; slegs aan sy volgelinge teenoor wie Hy verklaar het dat aan Hom alle mag in die hemel en op aarde gegee is (Dan.7:13-14; Matt.28:18). Oor die minagting waaraan Jesus onderworpe was, het Matteus seker ook gewalg toe hy daaroor geskryf het (26:6; eers deur eie mense verag en toe ook heidene, 26:30). Kan so ’n mensdom nog bloos? Seker nie, behalwe as ’n sekere aanspreeklikheid in sulke gemeenskappe tuisgebring word. Die Woord van God, laat ons op hierdie punt nie in die steek nie – waar tussen bevolkingsgroepe (vyandigheid) aan die orde was: ‘gee ’n honger vyand iets te ete… want sodoende sal jy op sy hoof vurige kole ophoop’ (OAV),– vuurrooi van skaamte maak (Rom.12:20 NAV). Hieraan bly Paulus homself gelyk en beveel onder alle neerdrukkende omstandighede die swaard van die Gees aan (Efes. 6:10;20) – die Woord van God (vers 17), wat alleen vir die stryd, wat aan die gang is, reg is.

Volgens dié woord het God by verskeie geleenthede met vyande, wat die “geheimenis van Israel” minag, fisiek afgereken, Waarvan koning Josafat van Juda se ervaring as voorbeeld kan dien; aanvalsmagte oos van die Jordaan het in oorweldigende menigtes sy landgebied binnegestroom, maar Josafat het onversteurbaar sy hoop op die wet van die Here gebou – 2 Kronieke 17:7-10; hy stuur Leviete en priesters deur die land om in die Here se gebooie onderrig te gee –19:5-7,11b; hy vernuwe sy regbank en maan hulle om sterk te staan en hulle plig te doen. Dat Josafat reg ten aansien van die Koninkryk van God gehandel het, blyk toe daaruit dat die vyandelike magte in ’n staat van onderlinge verwarring daartoe oorgaan om mekaar uit te wis; – wie saammaak in onordelikheid se loon is onordelikheid (NLV, 20:23); die oordeel behoort aan die Here (2 Kron.20:15): ” moenie bang wees vir hierdie groot menigte nie, want hierdie oorlog is nie ’n saak vir julle nie, maar vir God.” Wie het alle mag in die hemel en op aarde? Sy vyande het seker nie gebloos nie, maar was erg verskrik vir Josafat en sy God! ”…sy God het hom na alle kante toe rus gegee” (20:29-30), – vreugde, hoop (20:22-23)!  

Kerkvolk: As julle My liefhet, bewaar my gebooie.(Eks. 20:6; Joh.14:15).

Dr Dunes van der Merwe 
Somerset-Wes 
Terug na Boodskappe van Hoop
Share by: