Get in touch
555-555-5555
mymail@mailservice.com

Staat van inperking  - Boodskap van Hoop


Ons almal is op een of ander wyse vasgevang in ons eie omstandighede en onsekerhede oor die tyd waarin ons is.  
Loer dus gereeld  in op die webblad om kort inspirerende dagstukke te lees wat gereeld aan ons lede versprei word. Indien u wil inteken  op die dagstukke stuur gerus 'n e-pos na kommentaar@abond.co.za  
of volg die  onderstaande skakel onderaan die bladsy. 
As God vir ons is - 12 Mei 2020  (Dag 47) 

Romeine 8: 38 en 39 vorm die slot van Paulus se oorwinningslied soos verwoord in verse 31-39. As God vir jou is, kan jy nie verloor nie.

Omdat God vir hom was, het Paulus hom nie deur teenslae en teenkanting laat onderkry nie. Nooit het hy homself bejammer, terneergedruk gewees of toegelaat dat moedeloosheid sy skouers laat hang nie. In die tronk sing hy lofliedere en skryf oor blydskap.

Die oorsprong van die oorwinningslied? In God se liefde soos Hy dit bewys het in Jesus se sterwe. As God so vêr gegaan het om ons te red, sal Hy ook nou gee wat ons nodig het. Wat het ons nou nodig? Volharding, deursettingsvermoë, blydskap, positiwiteit, en ‘n gees van bemoediging.

Dit was hierdie liefde wat Paulus gedring het om te volhard ten spyte van lyding, teenstand, naaktheid, gevaar, swaard.

God se liefde moet ook ons anker wees as ons lewensboot deur allerlei storms geteister word. Waar sy liefde soos Jesus van ouds in ons bootjie is, is daar altyd hoop, verwagting en durf. 

Daarom as die moedeloosheid jou wil oorval, jy kla en opstandig raak oor ongunstige omstandighede soos wat ons nou beleef, dink aan God se liefde vir jou in Christus. 

Dan sal jy saam met Paulus begin sing oor die liefde waarvan niks jou kan skei nie. Dan sal die vrede wat die liefde bewerk en alle verstand te bowe gaan, oor jou gedagtes en verstand die wag hou sodat jy positief die lewe kan hanteer.

Ds. Sampie Human 
Hartenbos 
Terug na Boodskappe van Hoop
Share by: