AB in dialoog - Webinaar reeks:
Die Afrikanerbond in dialoog webinaar reeks het in die tydperk van inperking begin as ʼn manier om aktuele denke en gesprekke in ons geledere aan te moedig. Ons het die reeks begin met Prof Andre Duvenhage van NWU as ʼn gas rondom die politieke omgewing in Suid-Afrika. Daarna was dit Prof Jannie Rossouw van WITS wat ʼn SA ekonomiese perspektief aangeb ied het gevolg deur Jan Oberholzer bedryfshoof van Eskom. Dit is weer opgevolg deur 'n gesprek met Tim du Plessis rondom ʼn nuwe politieke en ekonomiese bestel en daarna was Flip Buys van die Solidariteitsbeweging ons gas en is ons toegelig oor die baie aktuele selfbestuur. Op 16 September 2020 was Dr Frans Cronje van die Instituut vir Rasseverhoudinge ons gas rondom sy nuwe boek en die moontlike scenario’s vir Suid-Afrika. Mnr FW de Klerk was op 11 November 2021 ons gas en is gevra om te praat oor die SA grondwet, bedreigings en die regstaat. Op Woensdag 20 Januarie is gesprek gevoer met Moeletsi Mbeki met die tema "Op watter kreatiewe maniere kan alle Suid-Afrikaners voortgaan om die land vorentoe te neem"
Teken ons volgende Webinaar aan:
Woensdag 24 Februarie 2021 om 17:30 – Dr Corné Mulder